Geen borg vir 'tref-en-trapper'
Geen borg vir 'tref-en-trapper'
Slagoffer nog nie geïdentifiseer
09 February 2021 | Misdaad
Leandrea Louw op Walvisbaai
'n Vrou wat glo op Dinsdagaand 2 Februarie by 'n tref-en-trap-voorval op die B2-pad tussen Swakopmund en Walvisbaai betrokke was, het Donderdag haar eerste hofverskyning in die hawestad gemaak.
Landdros Vicky Nicolaidis het borgtog aan me. Charlet de Bruyn (34) geweier.
Die saak is tot 11 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.
Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die Erongostreek, word die beskuldigde aangekla van strafbare manslag, versuim om die beseerde se toestand te bepaal en dat sy van die ongelukstoneel gevlug het.
“De Bruyn het verlede Dinsdag omstreeks 20:50 in 'n Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie vanaf Walvisbaai in die rigting van Langstrand gery toe sy na bewering 'n ongeïdentifiseerde middeljarige man gestamp het wat vermoedelik die pad wou oorsteek. Die man is op die toneel dood.”
Die beskuldigde het na bewering van die toneel weggejaag en is later in haar huis op Langstrand aangekeer.
Me. Llanna Fouche is De Bruyn se regsverteenwoordiger, terwyl die staat deur me. Tuihaleni Hilikuete verteenwoordig is. Die staat het borgtog teengestaan op grond daarvan dat die beskuldigde moontlik 'n vlugrisiko is, asook die ernstige aard van die oortreding.
“Die oorledene is ook nog nie geïdentifiseer nie en die ondersoek duur voort.”
Fouche het gesê sy verstaan nie hoekom die staat borgtog teenstaan nie, “aangesien hierdie 'n verkeersongeluk was en weens die Covid-19-pandemie is daar nêrens vir die beskuldigde om heen te vlug nie”.
De Bruyn bly in aanhouding.
ONBEKENDE MAN
Iikuyu het bevestig die oorledene is nog nie geïdentifiseer nie.
“Geen identifikasiedokumente is aan die oorledene gevind nie. Hy het ligte gelaatstrekke en het 'n rooi baadjie, swart jean, swart tekkies en 'n swart T-hemp aangehad. Hy was moontlik in sy middel-dertigerjare.”
Iikuyu het 'n beroep op enigiemand gedoen wat moontlik die slagoffer kan uitken om hom by 081 246 4757 te kontak of vir inspekteur Michael Ambambi by 081 640 1600 of hul naaste polisiekantoor.
- [email protected]

Soortgelyk
Covid-19: In beeld 24 Februarie 2021
5 ure gelede | Gesondheid
Vrou geholpe, man se operasie 'n sukses
6 ure gelede | Gesondheid
80 nuwe gevalle, twee sterftes
8 ure gelede | Gesondheid
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
9 ure gelede | Omgewing
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
12 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
12 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
12 ure gelede | Gesondheid
Metro spoils its customers
15 ure gelede | Plaaslik
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
23 ure gelede | Landbou
Kleinadvertensies