Geen borg vir aanklaer in bedrogsaak

Staat getuig oor ‘goed beplande operasie’

16 December 2016 | Howe
Jacqueline Louw – Landdros Eduard Kesslau het in die Windhoekse landdroshof beveel dat mnr. Ivan Victor Tjizu wat van korrupsie en swendelary beskuldig word, in aanhouding moet bly.

Tjizu is op 1 Desember deur die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) in hegtenis geneem. Die klagte teen Tjizu is gebaseer op aantygings dat hy ’n skema georkestreer het waarin hy betaling aan getuies wat veronderstel was om te getuig in sake wat hy hanteer het, te magtig. Na bewering het hy vals verklaar dat hulle van plekke buite Windhoek gereis het en geregtig op vergoeding vir hul reisuitgawes was.

Na bewering het Tjizu ’n gedeelte van die getuiegeld ontvang nadat dit aan die persone wat hul as getuies voorgedoen het, uitbetaal is.

Tjizu ontken skuld op al die klagte teen hom en het gesê dat hy die basis van sy verweer tydens sy verhoor bekend sal maak. Hy het verder getuig dat sy handskrif op die bewyse vir getuiegeld vervals is. Hy het die hof verder meegedeel dat daar nie enige voorneme of vrye wil aan sy kant was toe die oortredings waarvan hy na bewering beskuldig word, gepleeg is nie en dat wanvoorstellings aan hom gemaak is. Hy het ook bevestig dat hy homself as ’n slagoffer in die saak sien.

Tjizu het aan die hof vertel dat hy en sy meisie ’n negejarige seun het wat aan outisme lei en spesiale sorg nodig het. As aanklaer is hy die hoofbroodwinner vir sy familie en naasbestaandes wat by hulle bly en dat hy ook sy studieskuld afbetaal en dus onder groot finansiële druk is.

Die staat het Tjizu se borgtogaansoek teëgestaan omdat die ondersoeke nog in ’n vroeë stadium was en daar gevrees word dat hy met getuies sal inmeng en die ondersoek in die wiele sou ry. Hierdie vrese is gestaaf deur getuienis in die hof dat hy wel ’n getuie geskakel het. “Is dit verkeerd om ’n getuie te kontak?” het hy tydens kruisverhoor gereageer.

Staatsaanklaer Seredine Jacobs het aangevoer dat die staat ’n sterk saak teen Tjizu het en verwys na WhatsApp-boodskappe wat hom met vals getuies verbind. Sy het verder uitgewys dat Tjizu tydens die aansoek gesê het “jy weet nie of ek gedwing was om dit te doen nie”, en hy dus onder eed erken het dat hy wel die oortredings begaan het.

Jacobs het betoog dat hy as aanklaer in ’n vertrouensposisie was en hy daardie vertroue misbruik het.

Tjizu het sy benarde finansiële posisie en sy rol as broodwinner in ’n uitgebreide familie asook sy grondwetlike regte op vryheid en ’n regverdige verhoor as gronde vir die toekenning van borgtog aan die hof genoem. Hy het aangevoer dat hy geruime tyd al bewus was van die ondersoek in die saak teen hom en dat hy nietemin nie op vlug geslaan het nie en die ondersoekbeamptes bygestaan het.

In sy uitspraak het Kesslau daarop gewys dat daar verswarende getuienis teen Tjizu in die aansoek om borgtog gelewer is, onder andere dat saakdossiere wat hy uitgeteken het en wat op sy saak betrekking het, vermis geraak het. Hy het ook na Tjizu se laatnag oproepe na prokureurs wat in sy sake betrokke was, verwys as “oneties”. Die doel van hierdie oproepe was glo om lenings by die prokureurs te maak.

Die bedrag van die bedrog wat tot dusver aan die lig gekom het, is ongeveer N$280 000. Kesslau het in sy uitspraak gesê dit is ’n moontlikheid dat die bedrag sal verhoog soos die ondersoek vorder en daar moontlik verdere klagte teen Tjizu kan ontstaan. Hy het tot die slotsom gekom dat Tjizu nie ’n geskikte kandidaat vir borgtog is nie.

Die saak is tot 28 Februarie 2017 uitgestel.

Soortgelyk

 

Senior bestuurder van Rehoboth-dorpsraad vas vir bedrog

16 ure gelede | Misdaad

ʼn Senior bestuurder van die Rehoboth-dorpsraad is saam met nog drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat met die bedrog van 'n riooltender verband...

Lokomotief raak spoor byster

19 ure gelede | Ongelukke

Otis Finck – ‘n Lokomotief van TransNamib het gisteraand omstreeks 20:00 naby Duin 7 ontspoor.Niemand is in die voorval beseer nie.Werkers is tans besig om...

Kobi Alexander kry tronkstraf

20 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die 64-jarige Kobi (Jacob) Alexander is tot 30 maande tronkstraf gevonnis.Dit volg nadat hy verlede jaar ná tien jaar as voortvlugtige in...

Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw – Susanne Hoff (56), wat teregstaan op ’n aanklag van sameswering om haar man, mnr. Egbert Hoff, te vermoor, is gister deur landdros...

Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

1 dag gelede | Misdaad

Jessica Botes - 'n Vrou en haar tweelingbabas was gister die slagoffers van 'n gewelddadige rooftog op Swakopmund.Die vermeende rower het glo om 03:50 'n...

Vryheid, veiligheid en vernuf

1 dag gelede | Byvoegsels

Henriette Lamprecht – Dit sal hom altyd bybly, die vryheid en die veiligheid. Vryheid nie net in die natuur nie, maar ook die vrye omgang...

Verkeersman sonder 'n prys

1 dag gelede | Misdaad

Des Erasmus - 'n Karweier van Windhoek van Angolese herkoms, mnr. Vicente Fanivamwe (50), is deur lede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy...

Weer vir 24 Februarie 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die Noordooste en dele van die Noordweste. Elders in die binneland...

Grondgroep: Namibiërs moet bronne terugkry

1 dag gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) sê radikale transformasie is nodig om alle natuurlike hulpbronne terug in die hande van Namibiërs (en...