Geel Slang omseil bakkie-boewe

Diewe het ’n bloutjie geloop toe hulle Grootfontein se té bekende Geel Slang-bakkie wou steel, maar nie daarmee kon wegkom nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Danksy die hulp van die gemeenskap is Geel Slang, die geliefde werksbakkie van mnr. Jürgen Behr van Grootfontein, nou weer veilig tuis.

Dit, nadat hy Sondag oornag stil-stil uit Siekmann & Behr se werkswinkel verdwyn het.

“Dis nie net my enigste werksbakkie nie, dis ook my beste een,” vertel Behr, wat vir mense windpompe in die omgewing installeer.

Behr vertel hulle het Maandagoggend met ’n skok ontdek dat die 91-model Toyota-bakkie gesteel is.

“Boewe het in die nag ’n ketting en hek oopgebreek en die bakkie stilletjies tot buite die werkswinkel gestoot. Daar het hulle hom gemodify tot hulle hom aan die gang gekry het,” het Behr gister aan Republikein (30 September) vertel.

“Jy weet, jy kry net twee waarborge op die ou Toyota’s: Dat dit ’n báie goeie ryding is en dat dit gesteel sal word,” lag hy.

Die probleem het egter ingekom toe Geel Slang se petrol opgeraak het en die diewe nie die sleutel gehad het om sy petroltenk oop te sluit om dit weer vol te maak nie.

Hulle het die bakkie 93 km voor Otjinene langs die pad gelaat. “Sien, hy is duur, want hy is dors, maar daar is net een van sy soort,” het Behr gesê.

Behr sê hy het Maandag ’n saak by die polisie aanhangig gemaak en het omstreeks kwart voor nege in sosiale media en na ’n plaaslike radiostasie uitgereik en gevra of iemand die bakkie gesien het.

“Kwart oor nege het ons geweet waar Geel Slang is,” het Behr gesê.

Later die dag het hy vir Geel Slang gaan haal, meestal ongeskonde. “Hulle het die radio gesteel, maar eintlik het hulle my ’n guns gedoen, want die ding werk in elk geval nie en ek sou dit self moes uitbou.

“Die battery was ook los. Hulle het nie my gereedskap agter die sitplek gekry om dit behoorlik te kon losmaak nie,” het Behr gesê.

Behr sê hy het Geel Slang in Suid-Afrika gekoop – kompleet met sy naam én die heldergeel kleur. “Geel Slang is landswyd bekend. Ek het ook gemeen hy is veilig binne die omheining van die werkswinkel, al kan sy deure nie meer sluit nie, omdat hy ’n stamp op die een deur het,” het Behr vertel. -

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!