'Gee vals Psemas-kaart terug'
Die ministerie van finansies het ’n vrywillige grasietydperk aangekondig vir mense in besit van vals kaarte van die staat se mediese fonds (Psemas), of wat ’n Psemas-kaart het maar nie in diens van die staat is nie, om dit onmiddellik by hul kantore in te handing. Die grasietydperk geld tot 31 Maart waartydens enige persoon wat voordeel trek uit Psemas, maar wat nie ’n staatsdienswerker is, of ’n afhanklike van ’n regeringsamptenaar is nie, die kaarte “sonder enige gevolge” by Methealth, die ministerie of Psemas se kantore inhandig.
Ná die grasietydperk sê die ministerie se uitvoerende hoof, me. Ericah Shafudah, sal die ministerie die nodige regstappe teen die betrokke mense neem.
Ná die grasietydperk sê die ministerie se uitvoerende hoof, me. Ericah Shafudah, sal die ministerie die nodige regstappe teen die betrokke mense neem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie