Gee ’n egte Namibiese Kersgeskenk
Tanja Bause - Die Namibië Wetenskaplike Vereniging se nuwe boek, Every December, is vanaf vandag om 19:30 by sy kantore in Robert Mugabe-rylaan beskikbaar.
“Ons het ’n oproep op alle Namibiërs gedoen om hul Namibiese Kersstories, foto’s, liedjies en gedigte met ons te deel. Ons het so baie inskrywings gekry dat ons moes kies wat in die boek opgeneem sal word,” het me. Waltraut Fritzsche van die vereniging gesê.
Daar is besluit om bydraes te gebruik wat nog nie gepubliseer is nie.
“In die boek het ons Kersliedjies in ses verskillende Namibiese tale. Daar is ook van elke taal in Namibië ’n bydrae in die boek. Die Engelse vertaling is langs die oorspronklike storie,” sê Fritzsche. Slegs 1 000 eksemplare van die boek is gedruk.
“Dit is beslis ’n goeie Kersgeskenk. Dit is die eerste keer dat ’n boek oor 'n Namibiese Kersfees saamgestel is en waarin ons eie gebruike, ons mense se stories en herinneringe saamgevat is. Dit is ’n egte Namibiese boek van ons mense vir die wêreld.” Die boek is tot 22 Desember teen N$130 by die vereniging beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie