Geduldig, gedienstig, gedwee by lughawe
Die lughawensmaatskappy versoek die lugvervoervereniging om vlugte beter koördineer.
font face="Verdana" >
Augetto Graig en Ronelle Rademeyer - Vandag sal reisigers weer gedwing wees om in ellelange rye te wag voor hulle die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) se aankomsaal betree.
“Die besigste dae is gewoonlik Maandae, Woensdae, Vrydae, Saterdae en Sondae, wanneer ons binne 30 minute omtrent twee tot drie internasionale aankoms- en vertrektye het,” sê mnr. Dan Kamati, woordvoerder van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC).
“Ons het die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) gevra om vlugte beter te koördineer,” sê hy.
Tans bied nege lugrederye vlugte na Hosea Kutako, sê Kamati, met Air Namibië wat tot die helfte van die sitplek verskaf.
André le Roux, ’n Suid-Afrikaanse skrywer wat die naweek die Windhoek Woordfees bygewoon het, sê sy vlug uit Kaapstad het Vrydag om 13:50 geland.
Dit het hom sowat drie ure geneem om deur doeane te beweeg en sy bagasie te kry voor hy by die aankomsaal uitgekom het.
“Wanneer jy by hierdie lughawe instap, leer jy onmiddellik geduld,” het hy gesê.
“Dit duur ongeveer so lank soos jou vlug van Kaapstad via Walvisbaai om voor in die koor te kom. Dis ook nie of die immigrasiepersoneel geduld het nie: Hulle jaag mense baie maklik tot ‘agter die streep’ met 'n ongeduldige ‘Back! Back!’”
Toe ’n toeris op soek na sy bagasie kla niks by die lughawe werk nie, het ’n bagasiebeampte effe natgesweet erken: “Niks werk vandag nie.”
Lughawebeamptes van die Angolese staatslugredery, TAAG, sê hul kliënte kla gereeld.
“Ja, die rye is baie erg en laas week was dit van Woensdag tot Sondag die ergste. Die probleem is daar is net een ingang, en net twee sifpunte, so wanneer groot vliegtuie land, soos dié van Ethiopian Airlines of KLM, is dit chaos,” voeg een beampte by, wat nie geïdentifiseer wil word nie.
Die enigste langtermynoplossing blyk die opgradering van infrastruktuur te wees.
Kamati sê: “Die nuutste opgraderings sal volgens plan afskop sodra die huidige aankoopproses afgehandel is. Areas wat opgegradeer sal word, sluit in die vertrektoonbank, veiligheidspunte, aankomsaal en die bagasiehanteringsareas.”
Hy sê die opeenhoping van reisigers veroorsaak nie net ongemak nie, maar ook verskeie probleme met betrekking tot die nakoming van lugvaartregulasies.
Dít kort voor die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) se geskeduleerde veiligheidsoudit in November 2018.
“Die NAC en rolspelers op die lughawe, wat die grondbeamptes, immigrasie- en polisiebeamptes insluit, beskik oor voldoende personeel om diens aan ons talle passasiers te lewer.
“Die HKIA is die NAC se vlagskiplughawe en 'n baie belangrike toegangspunt tot Namibië. Dit is dus voor die hand liggend dat dit die besigste van ons lughawens is.
“Ons skenk aandag daaraan om hulpbronne te mobiliseer om die proses te bespoedig sodat opeenhoping op die lughawe uitgeskakel kan word,” sê Kamati.
“Ons gaan voort met die erkenning van alle roetes om te verseker ons lewer die beste moontlike diens. Ons vra passasiers om hul vertroue in ons bedrywighede op die lughawe voort te sit en loof hulle vir hul geduld en deursettingsvermoë in hierdie verband,” sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie