Gedenkdiens vir wyle Ya Toivo begin binnekort op Ondangwa

16 June 2017 | Mense
Die gedenkdiens ter ere van die vryheidsikoon en nasionale held Andimba Toivo ya Toivo, begin oor sowat 'n uur (Vrydag 12:00) by die Trade Fair Centre op Ondangwa.
Hy is verlede Vrydag in die ouderdom van 92 jaar in Windhoek dood.
Nagenoeg 400 mense het Donderdagmiddag by die Ondangwa Lughawe op die aankoms van die liggaam gewag wat met 'n militêre vliegtuig daarheen geneem is. Sy vrou, Vicky, en die egpaar se dogters was deel van die prosessie wat stadig saam met die kis van die vliegtuig af deur die skare beweeg het.
Die diens vandag sal gelei word deur eerw. Shihala Hamupembe, met nagenoeg 25 hoogwaardigheidsbekleërs, vriende en destydse mede-gevangenes op Robbeneiland wat huldeblyke sal lewer.
Die regering het van 21 - 24 Junie, wanneer wyle Ya Toivo by die Heldeakker ter ruste gelê sal word, as 'n tydperk van rou in die land afgekondig. Vlae sal dan halfmas hang.
Foto: Nampa

Soortgelyk

 

15-jarige steek glo pa dood

7 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – ‘n Tienerseun is enkele minute gelede (Dinsdagoggend) op Mariental in hegtenis geneem in verband met die moord op sy 38-jarige pa.Adjunkkommissaris Eric...

Polisie stuit taxi’s

18 ure gelede | Plaaslik

Maria Eiseb – Die Namibiese polisie het gistermiddag ’n taxikonvooi van sowat 40 motors wat op pad was na die ministerie van werke en vervoer,...

Reuse-eis ná vrou haar 'doodbloei'

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht In die soveelste skadevergoedingseis teen die staat eis 'n vrou van Walvisbaai miljoene nadat haar dogter en kleindogter gesterf het. Sophia Paula...

Toerisme sonder grense met Kaza

18 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg Die Kavango-Zambezi-oorgrens­bewaringsgebied (Kaza), 'n bewaringsinisiatief van Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe, is die grootste oorgrensbewaringsgebied in die wêreld en spog met die...

Weer vir 23 April 2018

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Suide. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Doodstraf vir 'n donkie is boshof se vonnis

18 ure gelede | Omgewing

Des Erasmus - Eros moet dood! Wanneer die vonnis van die hof van die bos van Puros in die noordweste voltrek word, kan dit ook...

Gemeenskapskerk op Elisenheim ingewy

18 ure gelede | Plaaslik

Francoise SteynbergDie Elisenheim-gemeenskaps­gemeente se kerkgebou is Sondag amptelik deur dr. Fourie van den Berg ingehuldig en sowat 100 mense het dié geskied­kundige geleentheid bygewoon. Van...

Hettie Tromp in Windhoek oorlede

18 ure gelede | Mense

Namibië se bekende Tromp-­familie neem vandeesweek afskeid van me. Hester Magdalena (Hettie) Tromp, wat verlede week ná 'n kort siekbed in Windhoek oorlede is. Tromp...

Nghiwete bly uitdagend

18 ure gelede | Onderwys

Catherine Sasman - Die geskorste uitvoerende hoof van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), me. Hilya Nghiwete, het by monde van haar regsverteenwoordiger geëis...