Gedam en al
Gedam en al

Gedam en al

[email protected]
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Met Namibië se nuutste wonderwerk 'n klipgooi suid van Keetmanshoop geleë, was ons ou Dorslandvolkie Sondag opnuut in rep-en-roer om die reusagtige Neckartaldam vir die eerste keer te gaan bewonder.

Ek meen, eers het die genade reëns van bo ons Namibiërs verstom en toe kom die nuus die Neckartaldam gaan binnekort oorloop. Dié inligting was genoeg om enige Namibiër met 'n beskikbare ryding byderhand aan die gang te kry om met sy familie inderhaas met padkos koers na Berseba te kies.

Met 'n verstommende hoogte van 78,5 meter (257 voet) en 'n lengte van bykans 520 m (1 700 voet), is dié dam beslis iets om te aanskou. Ek meen die kontroversiële skepping kan glo lag-lag twee en 'n half keer die hoeveelheid water in sy pens berg as wat Hardapdam ooit kan droom.

As ek wiele gehad het, was ek beslis deel van die stroom voertuie wat koers gekies het om die wonder vir die eerste keer te aanskou.

Maar die Neckartaldam in al sy massiewe, wonderlike glorie, is eintlik maar net 'n vol piering as ons dit met Afrika en die wêreld se grootste damme vergelyk. Moet nou nie de vieste in vir my raak nie, want dis 'n feit soos 'n koei.

Mens sal reken die Amerikaners sal met hul grootpratery met die grootste dam in die wêreld spog, maar nee, ongelukkig vir hulle, duik die Yanks hier ongrasieus met gemak in 'n konsertinahek in.

Afrika loop breë bors met twee van die aarde se grootste waterstuiters. Vat so katvis!

Die Karibadam in Zim (babwe) is volgens sy kapasiteit van 185 miljoen kubieke meter die grootste mensgemaakte dam en meer in die wêreld. (Dê, vatso Amerika!). Die wal is maar net 125 m hoog en 'n skrale 617 m lank, maar sy watervingers strek 280 km ver en sy penswydte bult oor 32 km.

Die Russe met die Bratskdam in Siberië wat die magtige Angararivier stuit, is tweede op die internasionale damranglys. Sy 169,27 miljard kubieke meter is glad nie te versmaai nie. Sy wal toring 125 m die lug in en is 1,4 kilometer lank.

Die Akosombodam in die Voltarivier in Ghana is die wêreld se derde grootste met 144 miljoen kubieke meter as dit vol is. Dié outjie se wal is ook maar net 'n skrale 700 m lank en 134 m hoog.

Op nommer vier is die 214 m hoë Daniel Johnsondam in Kanada wat 139,8 m kubieke meter water agter sy 1,36 km lange wal in die Manicouaganrivier kan stoor.

Selfs Venezuela sit die Amerikaners stil-stil op hul plek met hul Guridam (vyfde) in die Caronirivier met 135 miljoen kubieke meter. Dié bielie se wal is 162 m hoog (2x Neckartal), 7,5 km lank en wek 70 % van dié land se elektrisiteit op.

Alhoewel die Neckartalwal se hoogte ons liries in verwondering en sprakeloos laat, is die hoogste damwal in die vriendelike China te vinde. Die Jinping-I-dam se wal toring 'n duiseligwekkende 305 m die ruimte in. Kort op sy hakke is die Nurekdam in Tadjikistan (300 m).

Maar die Chinese sal 'n plan moet beraam as hulle wil kersvashou by die einste Tadjikistanners wanneer hul nuutste probeerslag afgerond is. Die Rogundam – teen 335 m in die Vakhshrivier – sal dan die wêreld se hoogste damwal wees en is boonop 1,2 km lank.

Die Tadjikistanners spog ook met die hoogste natuurlike damwal in die wêreld. Die Usoidam (567 m hoog, 1,37 km lank) is op 18 Februarie 1911 deur 'n aardbewing geskep wat die Murghabrivier met 'n grondstorting getem het om die Sarezmeer in die Pamir-gebergte te vorm.

Ek wil nou nie 'n storm in 'n teekoppie veroorsaak nie, maar verstaan julle nou hoekom ek se die Neckartaldam is 'n piering?

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.92 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.05/OZ UP +1.57% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.09% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 908.10/OZ UP +1.48%