Gebruik van blitstoetse goedgekeur
Gebruik van blitstoetse goedgekeur
Isolasie van Covid-19-pasiënte versnel
19 February 2021 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die gebruik van blitstoetse vir Covid-19 in Namibië het die groen lig gekry.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is die proses voltooi om antigeen-blitstoetse vir gebruik in Namibië te bevestig. Die uitslae sal die isolasie van positiewe Covid-19-pasiënte versnel en ook gebruik word vir toeriste wat Namibië verlaat na lande wat negatiewe blitstoetsuitslae vir terugkerende passasiers aanvaar.
In dié verband het die ministerie van gesondheid sy eweknie van internasionale betrekkinge en samewerking genader om dié inligting met die diplomatieke en internasionale gemeenskap te deel.
Volgens Shangula vaar Namibië “relatief goed” in terme van die aantal toetse vir Covid-19 wat reeds uitgevoer is. Hy het verwys na die land se plaaslike toetskapasiteit wat verhoog en agterstande wat uitgewis is.
“Covid-19-uitslae kan nou in tussen 24 en 48 uur beskikbaar wees,” het hy gesê.
In terme van toetskapasiteit is Namibië nommer drie in Afrika, met 13 toetse per 1 000 inwoners. Slegs Marokko en Suid-Afrika het volgens Shangula meer toetse per capita as Namibië uitgevoer.
Met verwysing na die eerste golf wat die land tydens die Covid-19-pandemie ervaar het, het die minister gesê die meeste gevalle op een dag (316) is op 23 Augustus verlede jaar aangemeld. Dit is egter tydens die tweede golf oorskry met 683 gevalle op Kersdag.
Shangula het kommer uitgespreek oor die aantal sterftes wat aangemeld is, wat die beraamde syfers in projeksiemodelle oortref het.
Volgens hom het die projeksiemodelle aangedui Namibië sou 338 Covid-19-verwante sterftes teen Maart vanjaar hê. Teen 17 Februarie is egter reeds 394 sterftes aangeteken.
Ander meetsyfers soos die geprojekteerde aantal infeksies, hospitaliserings en ernstige gevalle is volgens hom nie verbygesteek nie.
Die minister sê die land was tydens albei golwe in staat om sy kapasiteit vir toelating en behandeling in terme van hoë- en intensiewesorgeenhede in beide die openbare en private sektor te bou.
“Ons weet op enige gegewe dag hoeveel isolasie- en intensiewesorgbeddens vir Covid-19-pasiënte beskikbaar is,” het hy gesê.
Tans is 698 isolasie- en 131 hoësorg- of ICU-beddens en 111 ventilators in staatshospitale beskikbaar, asook 115 isolasie- en 35 hoësorg- of ICU-beddens en 25 ventilators in die private sektor. Dit beteken ’n totaal van 813 isolasiebeddens, 166 hoësorg- of ICU-beddens en 136 ventilators vir die land.
– [email protected]

Soortgelyk
Vrou woon in haar motor by hospitaal
6 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
6 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
6 ure gelede | Weer
Weer vir 24 Februarie
6 ure gelede | Weer
'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'
6 ure gelede | Byvoegsels
Hof kry Heritage Health voor stok
6 ure gelede | Gesondheid
'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'
6 ure gelede | Onderwys
#Indigiwalk Namibia in die pyplyn
6 ure gelede |
‘Geen personeel betrokke by stropery’
6 ure gelede | Ministeries
Kleinadvertensies