Gebraaide hoender met mieliesalsa
Die eenvoudige geure van hierdie braaihoender word goed gekomplementeer deur die vars pikante mieliesalsa. Jy kan natuurlik meer (of minder) rissie byvoeg.
Jy benodig
• 2 vars mielies, gaar gekook
• 1 jalapeñorissie
• ’n hand vol koljanderblare
• ’n hand vol pietersielie
• ’n hand vol mentblare
• 3 eetlepels olyfolie
• 2 suurlemoene of 1 lemmetjie se sap
• 1 kg hoenderbraaiporsies
• 1 teelepel fyn komyn
• 1 teelepel paprika
• 1 teelepel knoffelpoeier
• sout en swartpeper na smaak
Só maak jy
1 Sny die mieliepitte van die stronk af.
2 Kap die rissie, koljander, pietersielie en ment saam fyn en meng dit met die mieliepitte, olyfolie en die een suurlemoen of lemmetjie se sap. Hou eenkant.
3 Geur die hoenderporsies met die komyn, paprika, knoffelpoeier, sout, peper en die oorblywende suurlemoen- of lemmetjiesap. Marineer dan die hoender oornag, indien moontlik (of so lank as wat dit moontlik is – selfs ’n paar uur sal ’n verskil maak). As jy regtig baie haastig is, kan die vleis maar direk kole toe gaan.
4 Braai die hoender vir 20-30 minute oor matige kole tot sappig en gaar. Skep die mieliesalsa bo-op die warm hoender en sit dit dadelik voor. Die eenpotrys- en-bone is ’n goeie pasmaat vir hierdie braaihoender - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie