GBV-getalle vertel ware verhaal

Meer slagoffers kom glo na vore wat om hulp vra, maar die toegang tot dienste vir slagoffers is steeds ’n hindernis.
Sanet de Waal
Jana-Mari Smith

Namibiese landdroshowe het die afgelope drie jaar meer as 6 300 aansoeke van gesinsgeweld geregistreer, benewens meer as 5 000 tussentydse beskermingsbevele en meer as 2 600 finale beskermingsbevele.

In 2018 het 1 938 slagoffers die landdroshowe om hulp genader teenoor 2000 in 2019. Verlede jaar is altesaam 2 370 huishoudelike aansoeke geregistreer.

Dit is onduidelik hoe dié getalle op Namibië se epidemie van geslagsgebaseerde geweld (GBV) en gesinsgeweld weerspieël.

“Ons het nie genoeg inligting om die tendense akkuraat te ontleed nie. Neem huishoudelike geweld toe of is slagoffers meer bereid om hulp te soek? Dit is moeilik om te bepaal watter van hierdie scenario's tot hoë getalle lei,” het me. Dianne Hubbard van die Legal Assistance Centre (LAC) gesê.

Volgens mnr. James Itana van die Regain-trust is hierdie getalle 'n teken meer slagoffers vra om hulp, maar het gewaarsku hierdie getalle is “nog net die punt van die ysberg”.

“Toegang tot dienste vir slagoffers is steeds 'n groot hindernis en iets waarmee ons in Namibië sukkel, veral onder ons gemarginaliseerde en landelike gemeenskappe,” het hy benadruk.

GEWELD IN SAMELEWING

Terwyl Namibië se probleem met geslagsgeweld algemeen erken word en die regering gereeld nuwe bewusmakingsveldtogte van stapel stuur, wys Hubbard daarop daar is ’n gebrek aan ontleding van tendense in Namibië.

"Baie ander lande doen slagofferopnames om uit te vind hoeveel misdade gedurende 'n spesifieke tydperk gepleeg is, om dit te vergelyk met die aantal verslae wat aan die polisie vir dieselfde misdaad gedurende dieselfde tydperk voorgelê is,” het Hubbard gesê.



Sy waarsku Namibië moet nog 'n lang pad stap om nie net geslagsgeweld hok te slaan nie, maar ook die hoë voorkoms van geweld, insluitend geweld tussen mans en roekelose optrede wat tot beserings lei soos roekelose bestuur.

Sy het daarop gewys dat houdings teenoor geweld in enige vorm bydra tot die probleem in Namibië.

“Soveel mense kla oor die vlakke van geslagsgeweld, maar glo steeds om kinders te slaan is 'n nuttige manier om dissipline toe te pas. Ons moet ons kinders niegewelddadige maniere leer om probleme op te los, hulle moet altyd respek vir ander mense toon en alle persone van enige geslag of ouderdom het ewe veel reg om met waardigheid behandel te word.”

Vroeër hierdie maand het die regbank aangekondig landdroshowe het 1 520 tussentydse beskermingsbevele in 2018 toegestaan, 1 693 in 2019 en 1 835 in 2020.

Daarenteen is altesaam 2 601 finale beskermingsbevele oor dieselfde tydperk toegestaan.

Hubbard merk op dit is 'n “baie belangrike” verskil wat ondersoek moet word.

"Het die tussentydse bevele die probleem opgelos, of is die slagoffer geïntimideer om nie terug na die hof te keer nie?"

DIENSTE

Itana en Hubbard beklemtoon die noodsaaklikheid van meer ondersteuningsdienste aan slagoffers.

“Ons het as 'n land groot vordering gemaak om die verskaffing van dié dienste te versterk, maar baie moet nog gedoen word. Dienste is steeds nie maklik beskikbaar en toeganklik nie en in sommige gevalle of in sommige dele van die land bestaan hierdie dienste glad nie,” het Itana gesê.

Hy waarsku dat dienste nie net daar is om slagoffers te beskerm nie, maar om oortreders tot verantwoording te bring en om slagoffers te help om gesond te word en met hul lewens aan te gaan.

“In gevalle waar die slagoffer moontlik afhanklik van die oortreder was, moet daar gepoog word om slagoffers ekonomies te bemagtig. As jy nie slagoffers bemagtig nie, kan dit hul voortgesette risiko en kwesbaarheid teenoor geslagsgeweld in die toekoms verhoog.”

Praktiese hulp, toegang tot skuiling en toelae wat finansiële sekuriteit verhoog, is belangrike instrumente om vroue te help om verhoudings te verlaat waar hulle mishandel word, het Hubbard gesê.

Daarbenewens het sy die noodsaaklikheid van egskeidingshervorming beklemtoon om dit makliker te maak om huwelike te verlaat. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!