Gbagbo is nie skuldig
Nadat owerhede in die Ivoorkus geweier het om 'n voormalige eerste dame aan die Internasionale Kriminele Hof uit te lewer, het 'n hof in die Ivoorkus haar onskuldig bevind.
'n Hof in die Ivoorkus het die voormalige eerste dame, Simone Gbagbo, vrygespreek op klagtes van misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade wat verband gehou het met haar rol in die 2011-burgeroorlog waarin ongeveer 3 000 mense gesterf het.
Die verhoor was die eerste in sy aard oor misdade teen die mensdom in 'n hof in die Ivoorkus. Die hof het die saak aangehoor nadat die regering haar uitlewering aan die Internasionale Kriminele Hof (ICC) in Den Haag geweier het.
Haar man, oudpres. Laurent Gbagbo, staan in die ICC op soortgelyke klagtes tereg wat verband hou met die konflik wat uit sy weiering gespruit het om sy verkiesingsnederlaag te aanvaar, toe hy in die 2010-verkiesing deur die huidige president, Alassane Ouattara, verslaan is.
Human Rights Watch sê egter die uitspraak het heelwat onbeantwoorde vrae oor Simone Gbagbo se beweerde rol in die gewelddadige misdade gelaat. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie