Gawanas vereer
Gawanas vereer

Gawanas vereer

'n Spesiale raadgewer is beloon vir haar uitstaande bydrae tot die bevordering van vroue se reg om self oor kwessies soos hul seksuele en reproduktiewe gesondheid te besluit.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Elkeen moet sy deel doen om toegang tot voorbehoedmiddels en seksvoorligting te verbeter sodat ongewenste swangerskappe, insluitende tienerswangerskappe, voorkom kan word.

Adv. Bience Gawanas het só op haar Facebook-blad gereageer op gelukwense wat ingestroom het nadat sy vereer is vir haar bydrae tot die bevordering van seksuele en reproduktiewe gesondheidsregte (SRHR).

Die Uitstaande Toekenning deur die Internasionale Beplande Ouerskapfederasie (IPPF) word eerskomende naweek in Londen aan Gawanas oorhandig.

Sy is tans die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, biskop Zephania Kameeta, se spesiale raadgewer.

Sy was vroeër onder meer die Afrika-Unie (AU) se kommissaris vir maatskaplike aangeleenthede.

“Ons moet die kwessies van weggooibabas en onveilige aborsies takel. Laat die dialoog wat begin is deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Bernard Haufiku, voortgaan,” het sy geskryf.

Die IPPF beloon Gawanas as stryder vir vroue se gesondheidsregte - en veral vir veldtogte soos die Veldtog vir die Versnelde Vermindering van Moedersterftes in Afrika (Carmma).

Die Carmma-veldtog is in 2009 tydens die vierde sitting van die konferensie van ministers van gesondheid in die Afrika-Unie in Addis Abeba, Ethiopië, van stapel gestuur.

Namibië is een van sowat 40 lande wat dié veldtog landwyd bekend gestel het.

Gawanas het aan Nampa gesê die toekenning motiveer haar om haar pogings te verskerp, omdat “die stryd lankal nie verby is nie”.

“Ons het nou kwessies soos seksuele geweld, weggooibabas, tienerswangerskappe en onwettige, onveilige en agterstraataborsies, so dit is vir my ’n motivering om voort te gaan.”

Die IPPF is in 1952 begin en dekades later het dit 152 lidverenigings wat in 172 lande werksaam is.

Dit bestuur sowat 65 000 dienspunte dwarsoor die wêreld en in 2011 het hul geriewe meer as 89 miljoen seksuele en reproduktiewe gesondheidsdienste gelewer.

Die federasie beywer hulself vir ’n wêreld waar vroue oral kan sê “ék besluit”.

Die Namibië Beplande Ouerskapvereniging (Nappa) is in 1996 gestig en verskaf hulp en dienste ten opsigte van seksuele en reproduktiewe gesondheid.

Nappa het drie dienspunte, wat twee klinieke insluit, en werk in vennootskap met die ministerie van gesondheid en maatskaplike diens (MoHSS), sowel as nieregeringsorganisasies soos Lironga Epara vir mense wat met vigs leef.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!