u2018Gateu2019-ondersoek uitgestel
u2018Gateu2019-ondersoek uitgestel

‘Gate’-ondersoek uitgestel

Die ondersteuning van kerke en ander burgerregtelike instellings stel teleur, sê die komiteevoorsitter.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Meer tyd is nodig vir die voorbereiding van bewysstukke na die sogenaamde "Gate"-sage van swapo en dit het uitstel van die kommissie van ondersoek genoodsaak, sê me. Erica Beukes.

Daarnaas, sê sy, word die werksaamhede van die komitee deur ‘n tekort aan regshulp gekortwiek.

Volgens Beukes het die komitee dit ook nie breed aan geldelike- en ander hulp nie waarvoor hulle by verskeie kerkgroepe en ander instellings aangeklop het. “’n Mens sou meer bystand verwag het. Hierdie is ‘n saak wat die hele land raak; dit is geskiedenis,” het sy gesê.

Hulle het onder meer die Raad van Kerke in Namibië, die Lutherse Wêreldfederasie (LWF), die Wêreldraad van Kerke (WCC) en die Rooms-katolieke Kerk in Namibië om hulp genader

Beukes is die voorsitter van die gesamentlike komitee wat die ondersoek van stapel gestuur het.

Die ondersoek het laat verlede jaar ook ‘n terugslag beleef met die dood van een van die dryfvere agter die kommissie, mnr. Mirek Vodslon, wat in Desember aan ‘n hartaanval in Berlyn, Duitsland, beswyk het.

Die werksaamhede van die ondersoek het in September verlede jaar afgeskop. Die eerste been het die afneem van beëdigde verklarings behels terwyl die amptelike ondersoek deur die kommissarisse op 1 Februarie ‘n aanvang sou neem.

Die ondersoek het ten doel om vas te stel waar duisende mense wat tydens ballingskap verdwyn het, hulself bevind en lig te werp op die beweerde teistering van en moord op ander in ballingskap en die aanhouding van oorlewendes. Dit is ook daarop gemik om klagtes van 1976 van die Swapo-jeugliga teen die destydse Swapo-leierskap, massaslagtings en vervolging van San-gemeenskappe in die noorde van die land en die suide van Angola te ondersoek.

“Ons hoop om binnekort met die proses te begin, maar voorbereidings is in volle vaart,” het sy gesê.

Sy het egter bygevoeg dat, hoewel die gesamentlike komitee die proses van stapel gestuur het, dit voorts aan die kommissarisse onder voorsitterskap van afgetrede hoërhofregter Chris Greenland oorhandig sal word.

Greenland is oorspronklik van Zimbabwe, maar woon tans in Suid-Afrika.

Beukes het beloof om die publiek op die hoogte van verwikkelinge te hou.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!