Gammams staan steeds stil
Gammams staan steeds stil

Gammams staan steeds stil

Vir langer as twee weke al kan geen water in Windhoek gesuiwer word nie.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel beland het, en alle watersuiweringswerke noodgedwonge tot stilstand gedwing is.

Volgens ’n munisipale woordvoerder, me. Lydia Amutenya, is daar nog nie met rehabilitasiewerk begin nie en is die munisipaliteit steeds besig om kenners se menings oor die proses in te win.

Amutenya sê die munisipaliteit kan tans ook nie bevestig of Namibia Dairies die koste van die rehabilitasieproses sal dek nie.

Dít volg ná sowat 6 000 l swaarbrandstofolie (HFO) in Windhoek se rioolstelsel gestort is toe veiligheidskleppe gebreek het en ‘n pyplyn, wat die brandstofolie na die ketelstelsel neem, by Namibia Dairies se aanleg in Avis gebars het.

Die munisipaliteit het onlangs tydens ‘n nuuskonferensie bevestig tussen 24 000 en 27 000 m³ onbehandelde rioolwater vloei daagliks, sedert hulle alle suiweringsprosesse moes staak, die Goreangabdam binne.

Dít omdat die Gammams-aanleg asook die nuwe Goreangab-waterherwinningsaanleg tot stilstand gebring is om te keer dat die biologiese prosesse sakde ly, wat in die watersuiweringsproses gebruik word.

CoW se uitvoerende hoof, mnr. Robert Kahimise, het gesê volgens ‘n oliestortingspesialis van Suid-Afrika sal dit sowat N$32 miljoen kos om die beskadigde rioolstelsel te herstel.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!