Gaan voort met sanitasieplan, sê Kamati

Projekte gestaak weens leierskapverandering

05 October 2021 | Regering
Augetto Graig

Raadslid Queen Omagano Kamati het Donderdagaand by die maandelikse stadsraadvergadering in Windhoek voorgestel die hoofstad se munisipaliteit hervat die voorsiening van sanitasiegeriewe in die stad se grootste informele nedersettings.

In die mosie, wat deur raadslid Sam Shafishuna Nujoma gesekondeer is, wil dié Swapo-raadslede hê dat die raad die bestaande planne vir voorsiening van riool- en verwante geriewe hervat.

Volgens Kamati is daar ’n voortgesette plan vir die voorsiening van basiese dienste in Windhoek se nedersetting vanaf 2019 tot 2022.

“Die is welbekend dat die projek vir die voorsiening van sanitasiegeriewe in die nedersettings goed op dreef was toe ons in Desember verlede jaar die leisels oorgeneem het. Nogtans, toe ons oorneem, was hierdie belangrike projek laat vaar ten gunste van ander projekte wat nog nie die verlangde resultate gelewer het nie,” het Kamati gesê.

Spesifiek die Moses //Garoeb-, Tobias Hainyeko- en Samora Machel-kiesafdeling – die informele nedersettings met die grootste populasie – is ongediens en inwoners het nie toegang tot basiese geriewe nie, sê sy.

Die Moses //Garoeb- en Tobias Heinyeko-kiesafdeling is aan Kamati toevertrou en sy sê sy het self gesien hoe swaar die inwoners kry.

“Sonder opsies word hulle gedwing om in die openbaar te ontlas, wat sanitasie- en siektekwessies bring, en sonder beligting is daar ook baie misdaad soos verkragting,” sê sy.

’n Tekort aan toiletgeriewe is direk aan die toename van hepatitis-gevalle in die gebied wes van Havana gekoppel, sê sy.

Daar is ook nie toegang vir brandweerwaens tussen die huise nie, terwyl die nuwe raad se planne vir bekostigbare behuising ook nie binnekort sal gebeur nie, sê sy.

Altesaam N$50 miljoen is reeds deur die lynministerie beskikbaar gestel vir die verbetering van informele nedersettings tussen 2019 en 2022, sê sy.

“Ek doen ’n beroep vir die implementering van die bestaande plan,” het sy gesê en spesifiek klemgelê op die projek om toiletgeriewe te bou.

Kamati sê die vinnige bevolkingsopname wat die munisipaliteit in Maart gedoen het, dui dat daar reeds 21 241 informele behuisingstrukture in Samora Machel opgerig is, 14 546 in Tobias Hainyeko, en 9 052 in Moses //Garoeb.

Die waarnemende uitvoerende hoof van die munisipaliteit, me. Jennifer Comalie, het die mosie na die hoofstad se bestuurskomitee verwys, weens die finansiële implikasies daarvan, en gesê die mosie kan aangeneem word, tensy daar nie enige teenstand is nie. Niemand het beswaar gemaak nie. - [email protected]

Soortgelyk

 

Amutse wins 2021 Bank Windhoek Doek Literary Visual Arts...

1 uur gelede | Mense

Monique AdamsBorn in Walvis Bay, Namafu Amutse attended Immanuel Ruiters primary school. She then moved to Swakopmund in 2007 and attended Swakopmund Primary School.Amutse completed...

PHOTO OF THE WEEK:

1 uur gelede |

Siku Investments, together with Bank Windhoek as part of the Cancer Apple Project, donated over 50 apples to the Children of Hope Village. Siku investments...

Nust marine engineering students seek over N$3 million

1 uur gelede | Onderwys

Enzo AmueleA group of 16 students in a marine engineering degree programme at the University of Science and Technology (NUST) in partnership with a Finnish...

200 more in need

1 uur gelede |

Jeanette DiergaardtOruua Primary School at Ovitoto recently received a donation worth N$60 000 from the Ohlthaver and List (O&L) group of companies through one of...

Investing for the greater good

1 uur gelede | Onderwys

Monique AdamsThe Maltas Club Namibia celebrated its 10th anniversary on 11 March this year. The core mandate of the Maltas Club is premier student learning...

Covid-19 pandemic reforms education

1 uur gelede | Onderwys

Iréne-Mari van der WaltAmidst the looming uncertainty of the new semester calendar ushered in by the ministry of education, arts and culture, executive director Sanet...

Stepping Stones sluit warrelwind jaar af

1 uur gelede |

Iréne-Mari van der WaltDie Stepping Stones-skool vir kinders met leer- en gedragsuitdagings het onlangs hul jaarlikse afsluitingskonsert met ’n sirkustema gehou. Die skoolhoof, Almarie Mostert,...

SStar Teacher from DHPS: Valerie Van Zyl teaches Mathematics,...

1 uur gelede | Mense

1. Why did you decide to become a teacher? School was hard for me when I was a learner and unfortunately, some of...

Becoming globally competitive begins at home

1 uur gelede |

Desiree Gases A youth internship programme aimed at equipping people between the ages of 18 and 34 with meaningful skills and work experience has been...