Gaan Trump Navo sink of net sy lyf rondgooi?

12 July 2018 | Internasionaal
Europese leiers weet nie met watter pres. Donald Trump van die VSA hulle op die Navo-beraad in Brussel te kampe gaan hê nie – die een wat by tye sy humeur verloor, maar die Transatlantiese organisasie staande sal laat bly, of die een wat die grootste krisis in Navo se 69-jarige bestaan kan veroorsaak.

Hulle is senuweeagtig en berei hulself voor op die ergste, berig The Guardian.

Die leiers verwag dat Trump hulle die Leviete gaan voorlees omdat lande nie hul verdedigings­begroting verhoog nie, maar die vrees is dat hy dit 'n stap verder sal neem. Soos om die VSA aan een of meer van die Navo-oefeninge te onttrek, of deur die ontplooiing van meer troepe en toerusting na Europa te vertraag.

Trump kan ook, sonder om enige van die Navo-bondgenote te raadpleeg, 'n ooreenkoms met pres. Wladimir Poetin sluit, wat volgende week in Helsinki ontmoet.

Trump het verlede maand briewe aan talle leiers van die Navo-lande gestuur waarin hy waarsku dat die VSA se voortgesette bydrae tot mili­têre hulpbronne, terwyl bond­genote onderbestee, “nie langer volhoubaar is nie”.

Hy het die Pentagon opdrag gegee om die impak van die onttrekking van troepe uit Duitsland te ondersoek, 'n gunstelingteiken van sy woede, berig The Washington Post.

Trump het Dinsdag gesê hy beplan om die bondgenote onder druk te plaas.

“Die VSA bestee dikwels meer as enige ander land om hulle te beskerm,” het hy getwiet. “Dit is nie regverdig teenoor die Amerikaanse belastingbetaler nie.”

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

23 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

23 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

23 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

23 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

23 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

23 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

23 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

23 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

23 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...