Fresh Prince kom kuier
Fresh Prince kom kuier
04 February 2021 | Kuns en vermaak
Die land gons nadat die Hollywood-superster Will Smith Dinsdag op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland het. Daarna het hy glo koers gekies na die kus.
Smith is in Namibië om die tweede seisoen van National Geographic se dokumentêre reeks One Strange Rock, waarvan hy die aanbieder is, te verfilm.
One Strange Rock is ’n natuurgeskiedenis- en aardwetenskap dokumentêr. Volgens die webtuiste Travel Noire sal Smith glo tien dae in Namibië deurbring en verskeie Namibiese landmerke besoek om die reeks te verfilm.
Die Namibiese Filmkommissie wou nie ’n woord rep oor Smith se besoek nie, maar het vroeër wel bevestig ’n permit vir die verfilming van One Strange Rock is uitgereik.
Die meeste Namibiërs het hom opgewonde op sosiale media verwelkom, maar party was ongelukkig aangesien hy nie ’n masker dra op die foto’s wat die ronde doen nie.
“Stel jou voor Will Smith beland in ’n Namibiese tronk omdat hy nie ’n masker dra nie,” het een geskryf.
Voordat Smith Dinsdag geland het, is bespiegel of daar enige waarheid in die gerug steek dat hy die land gaan besoek.
Die bekende plaaslike musikant EES het op Facebook geskryf: “Het enigiemand enige konkrete bewyse dat Will Smith wel in Namibië is?”
Op 2 Januarie is ’n foto van Smith wat die “Namibië-teken” wys op sosiale media geplaas.
“Ek het uiteindelik die foto gekry waarna ek gesoek het ná ek met baie mense gepraat het – hier is dit! Will Smith is in Namibië.”
Smith het in die laat 80’s naam begin maak as rapper onder die verhoognaam The Fresh Prince. Sy groot deurbraak was in die 1990’s toe hy die hoofrol in die gewilde NBC-televisiereeks The Fresh Prince of Bel-Air gespeel het. Daarna het hy die skuif na die grootskerm gemaak en in trefferflieks soos The Pursuit of Happyness, I Am Legend en die Bad Boys- en Men in Black-franchise. Die bekende rapper, akteur en rolprentvervaardiger is vir vyf Golden Globe-toekennings en twee Oscars benoem en het al vier Grammy-toekennings gewen.

Soortgelyk
Okavango-alliansie vra vir moratorium op oliesoektog
1 uur gelede | Omgewing
Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...
3 ure gelede | Gesondheid
N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...
4 ure gelede | Gesondheid
Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart
4 ure gelede | Gesondheid
Metro spoils its customers
6 ure gelede | Plaaslik
Knopvelsiekte breek in Omaheke uit
15 ure gelede | Landbou
Vrou woon in haar motor by hospitaal
15 ure gelede | Mense
Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker
15 ure gelede | Vervoer
Ses damme voller as 100%
15 ure gelede | Weer
Kleinadvertensies