Fratsongeluk op Walvisbaai
'n Hyskraan het kort voor die middaguur op Walvisbaai omgeval en drie motors vernietig wat voor die stadsaal geparkeer was. Buiten dat 'n dame wat in een van die voertuie gesit het vir skok behandel moes word, is niemand beseer nie. 'n Ondergrondse waterpyp het blykbaar onder die gewig van die hyskraan ingegee.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie