Fransman draf Namibië kaf

Serge Girard se wêreldreis het Namibië ingesluit.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Vier vastelande, 27 miljoen treë, 400 dae, 65 km per dag, 30 pare drafskoene en 150 buisies antiskaafroom.

Sit daarby 36 000 liter water, 2 000 energiestafies, 400 kitsetes en 140 kg pasta.

Dit, in 'n drafskoen, behels die 64-jarige Fransman Serge Girard se draftog, “Run around the planet”, waartydens hy vier vastelande gaan oorkruis.

Serge het op 31 Januarie verlede jaar in Parys, Frankryk, weggespring en Namibië was een van die lande wat hy op sy draftog aangepak het.

Die totale afstand in Afrika was 2 477 km, wat hy van St Lucia in Suid-Afrika tot Walvisbaai vanaf 12 Januarie tot 20 Februarie afgelê het. Die totale afstand wat hy reeds afgelê het sedert sy vertrek uit Parys, is 'n strawwe 23 369 km.

Die vier belangrikste reëls van “Run around the planet” is dat die drawwer 'n minimum van 26 232 km moet aflê en vier vastelande asook twee antipodiese punte op die aardbol oorsteek.

Serge se groot doel is om die huidige rekord te verbeter wat deur die Australiër Tom Denniss gehou word. Denniss het 'n afstand van 26 232 km in 622 dae afgelê en het op 31 Desember 2011 uit Sydney vertrek. Op 13 September 2013 was hy terug in Sydney. Hy het daagliks 'n gemiddelde afstand van 42,3 km afgelê en het Oseanië, Noord-Amerika, Suid-Amerika en Europa oorgesteek.

Serge se vrou, Laure Magnan Girard, vertel in 'n e-pos haar man draf sy wêreldtoer man-alleen kaf, hoewel hy gewoonlik 'n ondersteuningspan van twee mense het wat met 'n motor ry. Serge se ­Namibiese deel van sy epiese draftog was volgens Laure “spesiaal” omdat 'n mededrawwer en vriend, ­Philippe Moreau, vir 1 000 km saamgedraf het.

Moreau het benewens sy ondersteuning aan sy vriend, ook saamgedraf om geld in te samel en bewustheid aan te wakker vir die organisasie Nolan in Frankryk, wat dit vir die ondersteuning van gestremde kinders beywer.

Volgens Laure is Girard mal oor woestyne en was sy drafreis deur Namibië vir hom iets besonders.

“Dit was 'n fantastiese reis, veral vanaf Maltahöhe tot by die Kuiseb-pas waar hy kameelperde en gemsbokke kon sien.”

Veral die Namibiese landskap was vir Serge “ongelooflik” en hy het dit baie geniet om die land van Rietfontein tot by Walvisbaai te deurkruis.

Namibië was een van die vereistes waaraan Serge in sy drafreis moes voldoen as deel van 'n geldige wêreldtoer van vier vastelande soos vereis van die Wêreld Draforganisasie (WRA). Benewens Afrika sluit die ander vastelande Noord-Amerika en Oseanië in.

“Serge wou 'n gebied oorkruis wat nie te lank in breedte was nie en hy het Suid-Afrika en Namibië nie geken nie. Hy het dié deel van Afrika met groot plesier ontdek!”

Serge het reeds na Turkye vertrek waar hy sy draftog in Europa by die Marmara-see in die weste van Turkye begin. Van hier steek hy Bulgarye, Serwië, Kroasië, Slovenië, Oostenryk, Duitsland en dan Frankryk oor.

“Hy moet ten minste 2 900 km voltooi om die minimum van 26 300 km in totaal te voltooi wat deur die WRA vereis word.”

Sy drafdroom beteken Serge is min by die huis en familietyd is skaars. Tydens sy draftog in Namibië het een van sy seuns hom vergesel. Laure het verlede jaar vir byna vier maande saam met hom gereis.

“Ek bly in kontak met hom omdat ek al die logistieke reëlings vir sy wêreldtoer hanteer.”

Laure vertel Serge het tydens die Namibiese been van sy drafreis wonderlike mense ontmoet.

“Hy was oorweldig deur die goedheid van mense, soos die familie wat hom sonder skroom gehuisves het.”

Volgens Laure doen Serge ondanks sy moordende draftog steeds moeite om die wild- en natuurlewe langs die pad op film vas te lê.

“Hy draf baie stadig en het dus tyd om die landskap om hom te waardeer.” Laure erken dit is maar moeilik vir haar man om nie tussen 10 en 11 ure per dag te draf nie en ook om vir ure op 'n vliegtuig stil te sit.

“Dis 'n baie lang vlug Turkye toe en dit is maar swaar vir hom; ná 30 minute begin hy al kriewel.”

Interessante statistieke oor Serge se drafreis:



Temperature: +50°C in die Amerikaanse woestyn (Death Valley)

Hoogste punt: 4783 750 m ­Loveland-pas (Colorado)

Laagste punt: -80 m, Death Valley in Kalifornië

Totale opdraande klim: 240 000 meter

• 6 000 kalorieë per dag

• 36 000 liter water of 8 liter per dag

• Meer as 5 000 eetstoppe elke vyf km

• 2 000 energiestafies

• 400 kitsetes

• 140 kg pasta



*Serge, 'n pa van drie kinders, is in 1953 gebore en woon in die Seine Maritiem-gebied wat op die Engelse kanaal is. Hy is 'n ervare langafstandatleet wat oor die tydperk 1997 tot 2010 al vyf die vastelande oorgesteek het sonder 'n dag se rus tydens elke wedloop. Sodoende het hy 70 km per dag afgelê.

Los Angeles – New York: 4 597 km in 53 dae = 90 km per dag

Perth – Sydney: 3 755 km in 47 dae = 81 km per dag

Lima – Rio de Janeiro: 5 235 km in 73 dae = 71 km per dag

Dakar – Le Kaïro: 8 295 km in 123 dae = 68 km per dag

Parys-Tokio: 19 097 km in 260 dae = 73 km per dag

• In 2009 en 2010 tydens die Around Europe Footrace, het hy 25 lande oorgesteek en 'n wêreldrekord opgestel vir die langste langafstandwedloop in 365 dae: 27 011 km = 74 per dag.

Die totale afstand wat in dié ses wedloop gedek word, is 67 990 km in 922 dae = 73,8 km per dag.

Sy hartritme tydens 'n wedloop is 110 slae per minuut, terwyl sy rustende hartritme 36 slae per minuut is. Serge se ideale gewig is 62 kg en hy verloor 'n geskatte 10 kg per wedloop.

Hy het op die ouderdom van 30 aan marathons en 20 km-wedlope begin deelneem. Op die ouderdom van 40 begin hy met langafstande en draf gemiddeld 10 000 km per jaar.

Op die dag van sy vertrek uit Parys verlede jaar Januarie, het Serge reeds 200 000 km afgelê sedert hy in 1983 ernstig begin draf het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!