Franse president inisieer nasionale debat
Franse president inisieer nasionale debat

Franse president inisieer nasionale debat

Pres. Emmanuel Macron van Frankryk het Sondag ’n drie maande lange nasionale debat as teenvoeter vir die sogenaamde geelbaadjie-onluste begin. Hy het in ’n ope brief aan sy landgenote onderneem om na nuwe voorstelle te luister.

Hy is egter nie bereid om af te wyk van die kern van sy agenda vir ekonomiese hervorming nie.

Dit kom ná nege weke van betogings wat genoem is na die hoësigbaarheidsbaadjies wat die betogers dra.

Dié anti-regeringsopstande – met uiteenlopende agendas – het chaos veroorsaak. Dit het Parys en ander Franse stede, asook die ekonomie geruk en Macron se gesag uitgedaag.

“Daar is niks waaroor ons nie kan praat nie. Ons sal nie oor alles saamstem nie, wat normaal in ’n demokrasie is. Maar ten minste sal ons wys ons is ’n volk wat nie bang is om te praat, gedagtes uit te ruil en te debatteer nie,” skryf Macron in die brief.

Hy sê wel hy sal getrou bly aan sy verkiesingsmanifes, en dit blyk dat hy nie sy prosake- ekonomiese hervormings, soos die afskaffing van welvaartbelasting, sal omkeer nie. Dié soort hervorming het aan hom die bynaam “president van die rykes” besorg.

“Wanneer belasting te hoog is gaan ons ekonomie mank aan die hulpbronne wat voordelig belê sou kon word in maatskappye om poste te skep en groei te stimuleer,” skryf Macron.

“Ons sal nie die maatreëls wat ons ingestel het om hierdie reg te stel, beleggings aan te moedig en beter besoldiging te verseker ongedaan maak nie.”

REEKS VRAE

In die brief van meer as 2 000 woorde vra hy ook ’n reeks vrae wat hy hoop die Franse in landswye vergaderings en op aanlyn vraelyste sal beantwoord.

Hy vra onder meer:

* Watter belasting dink jy moet gesny word?

* Watter besparing aan openbare uitgawes dink jy moet ’n prioriteit wees?

* Is daar te veel administratiewe lae?

* Moet ons meer gereeld referendums hou?

Macron sê voorstelle sal help om ’n nuwe “kontrak vir die volk” te skep en sal die beleid en die land se standpunt oor Europese en internasionale kwessies beïnvloed.

Binne ’n maand nadat die debat op 15 Maart eindig, sal hy sy eie gevolgtrekking bekend maak. Hy het niks gesê oor ’n moontlike referendum oor sy beleid nie; ’n gedagte wat privaat deur sommige in sy administrasie voorgestel word.

“Dit is hoe ek woede in oplossings wil omskep,” skryf hy. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!