Frankryk kom betogers verder tegemoet, maar. . .
Frankryk kom betogers verder tegemoet, maar. . .

Frankryk kom betogers verder tegemoet, maar. . .

Édouard Philippe, eerste minister van Frankryk, het Woensdag in die parlement aangekondig dat die regering verdere verhogings in brandstofbelasting in die land se 2019-begroting gaan skrap.

Die regering het Dinsdag aangekondig dat hy die beplande styging in brandstofpryse vir ses maande opskort, maar dit word nou as 'n verdere poging gesien om woedende landsburgers wat reeds weke lank teen stygende lewenskoste betoog, tevrede te stel.

Philippe was egter streng in sy boodskap aan oproeriges, wat glo Saterdag weer in Parys gaan saamtrek, dat geweld nie geduld gaan word nie.

“Ons gaan optree teen misdadigers. Ons gaan nie terugstaan nie.”

In die ergste voorval van geweld sedert landsburgers die strate begin invaar het, het duisende betogers met maskers Saterdag op verskeie plekke met die polisie slaags geraak terwyl hulle voertuie, handels­banke en huise aan die brand gesteek het. Winkels is geplunder en ruite is stukkend geslaan.

Twee mense is dood in die betogings wat as die ergste beskou word wat die afgelope vyf dekades in die hoofstad afgespeel het. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!