Frankryk herroep ambassadeur in Italiu00eb
Frankryk herroep ambassadeur in Italiu00eb

Frankryk herroep ambassadeur in Italië

Frankryk het Donderdag sy ambassadeur in Italië herroep.

Dit is ’n merkwaardige diplomatieke skeiding tussen bure en Europese Unie-bondgenote na wat beskryf word as “herhaalde, ongegronde” aanvalle deur Italiaanse politieke leiers teen Frankryk.

Dié eerste onttrekking van ’n Franse gesant na Rome sedert die Tweede Wêreldoorlog, is deur die ministerie van buitelandse sake aangekondig.

Diplomate sê Parys het opgetree ná ’n reeks beledigings uit Italië deur die adjunk-premier, Luigi di Maio, in sy besluit om met lede van Frankryk se “geelfrokkie”-beweging, wat ’n maande lange en soms gewelddadige veldtog teen pres. Emmanuel Macron gevoer het, te vergader.

“Frankryk was vir ’n paar maande die teiken van herhaalde, ongegronde aanvalle en verregaande verklarings,” het die ministerie van buitelandse sake in ’n verklaring gesê.

“Om meningsverskille te hê is een ding, maar manipulering van die verhouding vir verkiesingsdoelwitte is anders.”

Di Maio, hoof van die anti-establishment-5-ster-beweging, wat in ’n regerende koalisie met die verregse League is, het sy vergadering met die “geelfrokkies” verdedig deur tussen Macron en die Franse volk te onderskei.

VRIENDE EN BONDGENOTE

Hy sê die Franse mense is hul vriende en hul bondgenote.

“My vergadering as die politieke leier van die 5-ster-beweging met lede van die ‘geelfrokkies’ . . . was volkome wettig. Ek eis die reg op om met ander politieke magte wat die Franse mense verteenwoordig, te praat.”

Matteo Salvini, adjunkpremier van Italië, sê die regering wil nie ’n uitval met Frankryk hê nie.

Hy het Donderdag gesê hy sal bly wees om met Macron te vergader om die onlangse spanning te bespreek.

In sy reaksie op Frankryk se besluit om sy ambassadeur in Italië te herroep, het Salvini in ’n verklaring gesê hy wil verhoudings met Parys herstel, maar Frankryk moet die drie “fundamentele” kwessies aanpak.

Hy sê die Franse polisie moet ophou om migrante terug na Italië te stuur en gereeld grenskontrole te doen wat die verkeer teen die grens versper. Parys moet ook sowat 15 Italiaanse linkse militantes wat die afgelope dekades na Frankryk gevlug het, uitlewer. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!