Franco-hulle se toer na Kiwi-land gekelder
Franco-hulle se toer na Kiwi-land gekelder

Franco-hulle se toer na Kiwi-land gekelder

Rugby
Italië het sy rugbytoer na Nieu-Seeland gekanselleer uit kommer om te reis in ’n tyd waarin die coronavirus-pandemie ál meer lewens in Europa eis.

Die Azzurri sou in Julie twee toetse teen die All Blacks gespeel het. Dit laat die Kiwi-rugbybase nou skarrel om teenstanders vir hul Julie-toetsvenster te kry.

“Ná opbouende gesprekke tussen ons federasies (rugbyunies) en die gesondheidsowerhede het ons met groot spyt weens die huidige omstandighede besluit om eerder tuis te bly,” het Marzio Innocenti, president van die Italiaanse Rugbyfederasie, gesê.

Sedert Februarie verlede jaar was daar reeds 122 694 sterftes in Italië wat met Covid-19 verband hou.

Naas Brittanje is dit die Europese land met die hoogste sterftesyfer. Saterdag is 10 554 nuwe positiewe gevalle in Italië aangemeld en die land sukkel om die pandemie onder beheer te kry.

Italië, wat deur die Vrystater Franco Smith afgerig word, is veronderstel om in November tuis teen die All Blacks, Argentinië en Uruguay te speel.

In Nieu-Seelandse rugbykringe word berig dat die All Blacks Fidji nou in twee toetse kan pak (net een toets is beplan) en dan teen Samoa te staan sal kom. Die All Blacks het nog nooit voorheen ’n tuisreeks (twee of meer opeenvolgende toetse) teen ’n Suidsee-eilandspan gespeel nie.

Wallis het ook aangekondig dat die Drake nie meer in Julie in Argentinië sal toer om die Poemas aan te vat nie. Argentinië sal wel nou na Cardiff reis vir die twee toetse (op 10 en 17 Julie), terwyl die Sesnasies-kampioen ook op 3 Julie ’n afspraak met Kanada het.

Wayne Pivac, Wallis se afrigter, het gesê hulle is verlig en opgewonde oor die span se drie somertoetse.

“Dit is teleurstellend dat ons nie in Argentinië kan gaan toer nie, veral nadat ons besoek aan Nieu-Seeland in 2020 ook in die slag gebly het, maar dit is natuurlik heeltemal verstaanbaar.”

Wallis sal met ’n erg verswakte span speel aangesien die keur van sy spelers, onder wie sy kaptein, Alun Wyn Jones, op hul Suid-Afrikaanse toer vir die Britse en Ierse Leeus diens sal doen.

– Netwerk 24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!