Foute, verhale en ander pogings

17 May 2019 | Kuns en vermaak
The Project Room bied Michael Mansfield se solo-uitstalling Mythtakes (and other attempts) aan.



Die kunstenaars

Ten spyte daarvan dat hy sy studies opgeskop het en nie ’n enkele werkwinkel bygewoon het of formele opleiding het nie, het Michael in die afgelope 30 jaar homself soveel moontlik van kunste en verskeie mediums geleer.

Hy sê: “Die ou meesters is uiteindelik die beste onderwysers.”

Michael is ‘n bewonderaar van Westerse kuns en verduidelik dit so: “My werk gaan amper altyd oor die geskiedenis van Westerse kuns. Ek herskep die temas wat gewild was onder klassieke kunstenaars.”

Met drie solo-uitstallings op sy kerfstok, en minstens een solo-uitstalling elke 18 maande, is dié uitstalling sy vierde solo-projek by The Project Room.

Sedert sy laaste solo-uitstalling, Who Murdered Mr Art?, wat in 2017 by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) verskyn het, het Michael erkenning gekry vir die atmosfeer van jeugdigheid en speelsheid in sy werk.

Die uitstalling

Michael se werk het beide moderne en geskiedkundige temas, wat wissel van David Hockney en Damien Hirst, tot ouer meesters soos Joseph Beuys en Jan van Eyck.

Die uitstalling bestaan uit monochroom potloodtekeninge en houtskoolsketse, sowel as ’n verskeidenheid kreatiewe dioramas met titels wat 'n toneelstuk verteenwoordig.

Michael sê: “Die doel van baie my werk is om die kyker bewus van kunsgeskiedenis te maak. Die betrokke werke beteken niks sonder die verhaal daaragter nie, dus leer dit die kyker – ás hy opgevoed wil word.”

Mythtakes (and other attempts) sal vandag om 18:00 by The Project Room in Jennerstraat 32, Windhoek-Wes, open en kan tot 1 Junie besoek word.

Openingsure: Dinsdag tot Vrydag 9:00 tot 19:00, en Saterdag 10:00 tot 19:00

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

1 uur gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

10 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

10 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

10 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

10 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

10 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

10 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

10 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...