Fouché-span rol verby opposisie

10 September 2019 | Sport
Tielman van Lill - Windhoek-rolbalklub (WRK) het die afgelope naweek sy jaarlikse parespeltoernooi aangebied waar geregistreerde spelers wat korter as vyf jaar rolbal speel mekaar op 'n rondomtaliegrondslag kon pak.

Wat die kompetisie interessant maak, is dat sommige spelers aansienlik meer ondervinding agter die rug het terwyl ander maar nog net vir 'n maar maande op die groot groen tapyt aangetree het.

Vanjaar was geensins anders nie en kompeteerders moes byvoorbeeld teen die gesoute JP Fourie en Elzaan de Vries kragte meet.

Fourie het Namibië vanjaar in Wallis by die Atlantiese kampioe­nskap verteenwoordig en het onlangs 'n goue medalje in die parespel by die Afrika-statekampioenskap opgeraap. De Vries was ook in Wallis by die gesogte internasionale Atlantiese toernooi in aksie.

Twintig deelnemers van verskeie klubs in die land het die tien spanne gevorm wat in twee groepe van vyf opgedeel is. Vier wedstryde is Saterdag afgehandel met die laaste ronde en eindstryd wat Sondag beslis was.

Freddie Fouché en sy seun JP van Eros-rolbalklub het as die algehele wenners na vore getree, terwyl verlede jaar se kampioene, John Hawthorne en Elzaan de Vries van Eros-klub, die tweede posisie ingeneem het. Tiekie du Toit en Claude Thornburn van die nuut gestigde Omeya-klub het derde geëindig, met Wojtek Majewski (TransNamib) en Daphne Martin (Windhoek) vierde.

Kontantpryse is aan die topvier spanne oorhandig, wat goedgunstiglik deur One Channel Namibië geborg is en deur me. Christine Hyman van die borg oorhandig was. Selfs die span in die vyfde posisie het ook 'n meevallertjie in kontant van die gasheer vir hul deelname ontvang.

Vir Windhoek-klub was die suksesvolle byeenkoms opnuut 'n geleentheid om rolbal as 'n vriendelike sport te bemark en hoop om dit nog vir baie jare aan te bied. Dit is 'n gulde geleentheid om spelers die kans te gee om op meer gelyke voet teen mekaar te speel.

Jenny Gardiner, skakelbeampte van die Namibië Rolbalvereniging, sê rolbal is 'n sport vir mense van enige ouderdom, fiksheid- of vaardigheidsvlak.

“Dit is lekker om te sien hoeveel spelers die afgelope tyd dié wonderlike sport geniet. Dit is nie altyd maklik om nuwe gesigte na dié spel te lok nie, want die wanindruk bestaan steeds dat rolbal net deur senior burgers en afgetrede mense gespeel word,” het Gardner gesê.

Soortgelyk

 

45-jarige man is Namibië se eerste Covid-10-sterfgeval

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula sê 'n 45 jarige man is die land se eerste Covid-19-sterfgeval. Volgens Shangula het hy...

Reën op Lüderitz

4 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Dit reën katte en honde en is baie koud op Lüderitz, het Republikein se joernalis Tanja Bause vanoggend uit die Suide...

Reën op Lüderitz

4 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh – Dit reën katte en honde en is baie koud op Lüderitz, het Republikein se joernalis Tanja Bause vanoggend uit die Suide...

Aardbewing skud Karibib-omgewing

14 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - ’n Aardbewing, wat sowat 3,9 op die Richterskaal gemeet het, het gister omstreeks 01:46 sowat 85 km suid van Karibib voorgekom....

Beweerde aanrander vry op borg

14 ure gelede | Howe

Jeanette Diergaardt – Mnr. Samuel Shikale, wat na bewering ’n vroulike winkelassistent Sondag by Pick n Pay Mega Centre in Klein Kuppe aangerand het, is...

Britte bring grendeltyd op Kalahari-duin deur

14 ure gelede | Gemeenskap

Ronelle Rademeyer – As dit nie vir die Covid-19-pandemie en die wêreldwye inperkingsmaatreëls was nie, sou ’n Britse egpaar nou al halfpad deur Afrika op...

Air Namibia kan vlieg ná nagtelike interdik

14 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer – Air Namibia kon Woensdagnag daarin slaag om in die hoërhof in Windhoek ’n tussentydse hofbevel te kry wat die Vervoerkommissie van Namibië...

Okahandja se water lol weer

14 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die uitvoerende hoof van die Okahandja-munisipaliteit, me. Martha Mutilifa, het die afgelope week erken die tuindorp gaan opnuut gebuk onder waterprobleme.Dít kom...

Nog 20 gevalle vir Walvisbaai

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht Namibië se aantal bevestigde Covid-19-gevalle het gistermiddag op 615 gestaan, nadat nog 22 gevalle die afgelope 24 uur in die land aangeteken is....