Foto-uitstalling vier entrepreneurs, andersdenkendes

KOLLIG
Yandi Du Plessis
Die Omeho Project bied tans ’n foto-uitstalling by Café Prestige aan waar die kollig op innoverende mense, entrepreneurs en die baasbreine agter Namibië se jongste maatskappye is.

Die woord Omeho beteken “oë” in Otjiherero. Die projek se doel is om deur middel van fotografie bewustheid oor jong entrepreneurskap in Afrika te skep.

Plaaslike fotograwe in Namibië, Zambië en Suid-Afrika word deur ’n aansoekproses gekies vir ’n betaalde vennootskap met die Omeho Project.

Saam met die projek konseptualiseer die fotograaf beelde vir beide die portefeulje en die uitstallings en fotoboek. Die projek ondersteun kreatiewe entrepreneurs deur nuwe inkomstekanale te skep en blootstelling te bied.

Die projek het ’n beroep op fotograwe, andersdenkende tegnoloë, kreatiewe genieë en tegnologie-entrepreneurs in Namibië gedoen om aan dié uitstalling deel te neem.

Almal word genooi om die boeiende portretfotografie en verhale van die Namibiese jeug – wat ’n positiewe verandering in die samelewing bevorder – van naby te beskou.

Dié maandlange gratis en inklusiewe uitstalling sal 21 portrette van Namibiese stigters van maatskappye soos PayToday, LEFA Namibia en PEBL vertoon, asook dié van tegnici en vooruitdenkers soos Stefanie Garises en Mark Mushiva.

“Kom ons tree uit die inperking met ’n nuutgevonde waardering vir innoverende mense en nuwe Namibiese ondernemers, en vier hul dapper reise.”

Die uitstalling kan van 25 Augustus tot 21 September gedurende Café Prestige se besigheidsure, besigtig word.

Die uitstalling word deur Bank Windhoek geborg en ondersteun deur GIZ Namibia (namens die Duitse regering), en word aangebied in vennootskap met die Dololo DoBox en Fresh FM.

Bly op hoogte van die uitstallingbesonderhede deur die Omeho Project op sosialemediaplatforms te volg.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!