Fosfaatsaak uitgestel
Fosfaatsaak uitgestel

Fosfaatsaak uitgestel

Die saak hoef nie meer op ''n dringende basis aangehoor te word nie.
Francoise Steynberg
Catherine Sasman - Die verhoor in die hofgeding deur die visbedryf om ''n stokkie voor planne vir mariene fosfaat-­ontginning te steek, is tot 24 Januarie uitgestel.

Hoërhofregter Harald Geier het gister bepaal dat die saak nie meer op ''n dringende basis aangehoor gaan word nie aangesien die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, reeds die klaringsertifikaat aan Namibian Marine Phosphate (NMP) op 2 November teruggetrek het.

Mnr. Sisa Namandje, regsverteenwoordiger van die Konfederasie van Namibiese Visvangverenigings (CNFA), die Namibiese Stokvisvereniging, die Vereniging vir Oopsee-treilvisserye en Omuala Fishing, het egter gevra dat die ministerie vóór die einde van volgende week sekere dokumente aan sy kliënte be­skikbaar moet stel.

Geier het gister vir ''n lang ruk met regsverteenwoordigers van die onderskeie partye in die binnekamers vergader alvorens hy die verhoor tot volgende jaar uitgestel het.

Die respondente in die saak is die omgewingskommissaris, mnr. Teofilus Nghitila, wat die klaringsertifikaat uitgereik het, minister Shifeta, die minister van myne en energie, mnr. Obeth Kan­djoze, die prokureur-­generaal, mnr. Sackey Shanghala, en die NMP.

Die visbedryf voer aan dat die mynlisensie wat die ministerie van myne en energie aan NMP in Julie 2011 uitgereik het, reeds in Februarie 2013 verstryk het omdat die NMP nie die verpligte omgewingsimpakstudie ses maande ná die uitreiking van die lisensie gedoen het nie.

Die visbedryf sê voorts dat die NMP toe ook nie ''n omgewingskontrak met die ministerie van die omgewing en toerisme onderteken het nie.

Dit voer ook aan dat die NMP tussen 6 Februarie 2012 en 6 Februarie 2013 vir die klaringsertifikaat by die omgewingsministerie aansoek moes doen; dít het die NMP blykbaar ook nie gedoen nie.

Die ministerie het eers die klaringsertifikaat stil-stil op 5 September vanjaar aan die NMP uitgereik, wat die visbedryf sê in teenstelling is met artikel 101 van die Namibiese grondwet wat bepaal dat die staat, onder meer, die ekostelsels moet handhaaf.

Nghitila en Shifeta hou vol dat alle prosedures in die uitreiking van die klaringsertifikaat reg gevolg is en dat die NMP aan streng voorwaardes onderworpe sal wees.

Met die terugtrekking van die klaringsertifikaat vroeër vandeesmaand het Shifeta erken dat méér konsultasie oor die kwessie binne die volgende ses maande moet plaasvind.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!