Fosfaatmyntwis in hof
Fosfaatmyntwis in hof

Fosfaatmyntwis in hof

’n Appèl van die maatskappy wat beplan om fosfaat van die seebodem aan die Namibiese kus te myn, is gister in die hoërhof aangehoor.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Regsverteenwoordigers het gister betoë gelewer in ’n appèl wat deur Namibian Marine Phosphate (NMP) by die hoërhof in Windhoek ingedien is teen die tersydestelling van ’n omgewingsklaringsertifikaat wat aan dié maatskappy uitgereik is.

Dié klaringsertifikaat vir die ontginning van mariene fosfaat is op 5 September verlede jaar deur die kommissaris van die omgewing, mnr. Teofilus Nghitila, uitgereik. Hierdie omgewingsklaringsertifikaat sou NMP toegelaat het om voort te gaan om seebodem-fosfaat in ’n deel van die Atlantiese Oseaan, sowat 120 kilometer suidwes van Walvisbaai, te myn.

Ná publieke protes teen die toekenning van die sertifikaat het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, ’n appèl gehandhaaf teen die besluit om die sertifikaat uit te reik en dit op 2 November verlede jaar tersyde gestel.

NMP se reaksie teen Shifeta se beslissing was om ’n appèl by die hoërhof in Windhoek in te dien. In dié appèl teen die minister van omgewing en toerisme, mnr. Michael Gaweseb, uitvoerende hoof van die Namibiese Verbruikerstrust, en die kommissaris van die omgewing, voer die NMP aan dat die vroeëre appèl wat tot Shifeta se beslissing gelei het, laat geliasseer is in terme van die regulasies van die wet op omgewingsbestuur.

Verdere gronde van appèl waarop die NMP steun is dat die maatskappy nie van die appèl teen die toestaan van die omgewingsklaringsertifikaat in kennis gestel is nie en dat hy nie ’n geleentheid gegun is om sy saak te stel voordat Shifeta sy besluit geneem het nie.

Senior advokaat Reinhard Tötemeyer, bygestaan deur advokaat Deon Obbes, het namens NMP aangevoer die appèl wat tot die terugtrekking van die klaringsertifikaat gelei het, was ’n fundamentele skending van NMP se reg op ’n regverdige verhoor en ongrondwetlik. Hy het ook aangevoer NMP is nie van die appèl in kennis gestel nie en is nie ’n geleentheid gegun om voorleggings te maak nie.

“Verhoor deur ’n hinderlaag is wat hier gebeur het," was Tötemeyer se beskrywing van die situasie.

Senior advokaat Vincent Maleka, bygestaan deur advokaat Werner Boesak, het betoog die afwesigheid van een party is net ’n “afwesigheid van vorm, maar is nie wesenlik nie”.

Hy het verder genoem die minister se besluit is op ’n konsultasieproses gebaseer en die minister het ’n plig teenoor toekomstige geslagte om die omgewing nie skade te berokken nie.

Me. Uno Katjipuka-Sibolile het namens Gaweseb betoog dat die regering ’n verantwoordelikheid teenoor die publiek het om die omgewing te bewaar. Die omgewingsklaringsertifikaat wat aanvanklik aan die NMP uitgereik is, het dit in staat gestel om die omgewing te beskadig, het sy aangevoer. Sy het ook genoem die minister het die klaringsertifikaat ter syde gestel hangende verdere konsultasie.

Regter Shafimana Ueitele sal sy uitspraak op 15 Desember lewer.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!