Fosfaatmyn: Beslissing in April

Hofbeslissing word op 12 April verwag

29 March 2021 | Howe
Augetto Graig – Die lank verwagte hofbeslissing om ’n mariene fosfaatmyn in diepseewaters langs die Namibiese kus toe te laat, of nie, sal nou op 12 April gelewer word.
Die hofsaak oor die geldigheid van die betrokke mynboulisensie is op 8 Maart uitgestel.
Namibia Marine Phosphate (NMP) berei voor vir ’n gunstige beslissing wat hulle uiteindelik goedkeuring sal gee om met ’n reuse N$4 miljard ontwikkeling op Walvisbaai te begin.
’n NMP-raadslid, mnr. Chris Jordinson, sê die nuutste uitstel was bloot omdat die regter eers vroeg vandeesmaand van langverlof teruggekeer het.
Volgens hom herstel die wêreldmark vir die beoogde fosfaatproduk ook nou, met ’n groeiende aanvraag vir elektriese voertuie wat die vraag na dié batterymineraal aandryf en die benutting van fosfaat in elektriese batterye.
NMP se Sandpiper-projek word reeds sedert 2008 bevorder, om fosfaat uit die diepsee te myn en op Walvisbaai te verwerk.
Die toekenning van ’n omgewingsklaringsertifikaat het egter sterk teenkanting uitgelok, veral van die visvangbedryf, en die omgewingsminister moes intree om geloofwaardigheid te herstel.
Ná ’n lang proses om insette te versamel, verskeie hersienings van data deur kenners en die indiening van bykomende studies by die omgewingskommissaris vir oorweging, werk dié kommissaris se kantoor nou aan ’n finale beslissing.
Dié uitslag word egter nie voor die hofbesluit verwag nie. Intussen het NMP vordering gemaak deur die toekenning van grond op Walvisbaai om geriewe te bou waar hul diepseebagger by die hawe sal kan land.
In diepseefosfaatmynbou verwyder die bagger die boonste laag sediment van die seebodem en vervoer dié materiaal na die land. Volgens mnr. Mike Woodborne, NMP se uitvoerende bestuurder, sal die hawe-aanleg koste bespaar deur geriewe 20 km buite Walvisbaai en ’n pyplyn van daar tot by die hawe onnodig te maak.
Die projek se lewensvatbaarheidstudie sal ook daarvolgens aangepas word, sê hy.
Die verwerkingsproses is volgens hom eenvoudig en benodig slegs die sifting en sortering van die materiaal, sê hy.
Ander voorbereiding wat die maatskappy doen, sluit in die vroegtydige aansoekproses vir die aanstelling van werknemers, wat reeds meer as 4 000 aansoeke gelok het.
Slypskole om goedgekeurde toekomstige werkers op te lei, is deur die uitbreking van Covid-19 vertraag, maar ’n aanlyn proses sal hierdie slypskole vanaf April vervang, sê Jordinson.
Ondersteuning vir die projek word ook vanaf die Namibiese Kamer van Mynwese aangedui, deur hul bewustheidsveldtog wat onlangs in die sosiale media versprei is.
Havana Investments en Mawarid Mining van Oman is NMP se aandeelhouers.
[email protected]

Soortgelyk

 

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

1 uur gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Robberts bly in aanhouding

12 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

12 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

12 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

12 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...

Huishoudelike geweld gedy in Kavango-Wes

12 ure gelede | Misdaad

Die naweek is drie sake van huishoudelike geweld in die Kavango-Wesstreek by die polisie aanhangig gemaak. Vrydag om 05:00 het ’n 36-jarige man in die...

Running for those who can’t

12 ure gelede | Skole

In honour of cerebral palsy awareness month and as part of a school project, four learners from Windhoek Afrikaanse Privaatskool ran with children, parents and...

Windhoek kry eie ekonomiese plan

12 ure gelede | Regering

Augetto Graig – Die burgemeester van Windhoek, dr. Job Amupanda, sê die regering moenie terugstaan sodat die private sektor die nasie tot werkskepping en ekonomiese...

Ending the double shift system at schools

12 ure gelede | Onderwys

Rivaldo KavangaBet-el Primary School on Friday, 26 March 2021 received three classroom blocks and a storeroom from The Craton Foundation. The classrooms were donated to...