Fosfaatbesluit Donderdag bekend
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sal Donderdag sy besluit oor die geldigheid van ? omgewingsklaringsertifikaat, wat aan Namibia Marine Phosphates uitgereik is, bekend maak.
Dié sertifikaat het betrekking op die ondersese myn van fosfaat.
Vanoggend het die minister voorleggings van die maatskappy se regsverteenwoordigers aangehoor, asook mnr. Michael Gaweseb, wat beswaar teen die uitreiking van die sertifikaat aangeteken het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie