Foschini-groep belê in onderwys
Octavia Tsibes
Op 19 April het SOS sy eerste herdenking met The Foschini Group (TFG) Afrika by die Sekondêre Skool A. Shipena gehou. The Foschini Group (TFG) Afrika het laas jaar Februarie N$1 000 000 in SOS Namibië belê.
Hulle het vanjaar ’n addisionele N$500 000 aan die projek geskenk.
Die projek fokus op verbeterde onderrigmetodes en die ontwikkeling van optimale onderwystoestande.
SOS Children’s Village Namibië as onafhanklike nieregeringsorganisasie is toegewy aan die verenigde nasies se konvensie oor die regte van ’n kind (UNCRC) en hulle bevorder kinderregte dwarsoor die wêreld.
Die hoofspreker by die seremonie, die adjunkminister van onderwys, kuns en kultuur, mnr. Urbanus Kaihiva, het gesê: “Ek is so trots op die Sekondêre Skool A. Shipena oor hul goeie prestasies. Net drie woorde moet hulle onthou: werk, werk en werk. Dis al manier hoe julle bo sal uitkom."
Die visie van SOS is dat geen kind alleen grootword nie.
SOS Namibië en TFG het vennootskappe met twee skole, naamlik die Sekondêre Skool A. Shipena Sekondêre en Laerskool Otjomuise.
Mnr. Cobus Prinsloo, van TFG Afrika, het tydens sy verwelkomingstoespraak gesê: “A. Shipena het werklik ’n groot verskil gemaak nadat ons die skool genader het."
Me. Simonee Mulamata, nasionale direkteur van SOS CV Namibië, het gesê: “Leerlinge moet dit wat ons aan skole skenk, mooi oppas."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie