Forensiese ondersoek kom by Namcor
Catherine Sasman - Die raad van Namcor het die ouditeursfirma Deloitte aangestel om ‘n forensiese ondersoek na aantygings van wanbestuur teen die besturende direkteur, mnr. Immanuel Mulunga, te doen.
Dié ondersoek begin vandag (Maandag) terwyl Mulunga sy jaarlikse vakansie tot 20 Januarie gaan neem. Ondanks die feit dat die Namcor-raad die ministers van myne en energie en staatsinstellings geraadpleeg het oor die moontlikheid om Mulunga te skors, het die raad vroeër vandag daarteen besluit.
Die raad het ook Mulunga se besluit om mnr. Kosmos Damaseb, bestuurder van Namcor se sake-eenheid, te skors, herroep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie