Ford herroep talle motors in Namibië
Die beleërde motormaatskappy Ford het bekend gemaak dat 413 Ford Ikon- en 238 Ford Figo-modelle in Namibië vrywillig herroep gaan word.
Die vervaardiger wil ’n hoëdruk-pyp in die kragstuurstelsel vervang wat moontlik kan lek.
Die eienaars van Ford Figo’s wat tussen 13 Januarie 2009 en 24 Maart 2012 en Ikons wat tussen 9 Augustus 2004 en 24 Maart 2012 vervaardig is, sal per geregistreerde pos of elektroniese pos gekontak word, het die vervaardiger vanoggend gesê.
Lees meer hieroor in Maandag se Republikein.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie