Fopnuus se moses
Op die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing se nuwe webwerf kan feite voortaan aanlyn nagegaan word.
Augetto Graig
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het Donderdag sy nuwe webwerf vir die nagaan van feite bekend gestel.
Namibiafactcheck.org.na is nou aanlyn beskikbaar.
Volgens mnr. Graham Hopwood, die uitvoerende direkteur van die instituut, is dit die 189ste soortgelyke webwerf ter wêreld, die 36ste in Afrika en die 19de in Suider-Afrika. Die webwerf sal 'n groot leemte vul omdat die voorloper op die vasteland, AfricaCheck.org, op Suid-Afrika, Senegal, Nigerië en Kenia fokus. Die toename in feiteverifiëring-webwerwe bring ook lokvalle mee. “Daar is selfs valse feiteverifieerders,” sê hy.
“'Post-truth' was in 2016 die Oxford Dictionary se woord van die jaar omdat feite toe minder invloed as beroepe op emosies en oortuigings gehad het.
“Nog 'n gonswoord is 'fake news', oor die wêreldwye voorkoms van valse inligting, al hou president Donald Trump van Amerika se gebruik van die frase geen verband met die presiesheid van feite nie - dis eerder 'n politieke set,” sê Hopwood.
Hy sê Namibiërs weet politici versprei soms onwaarhede om aandag van omstrede kwessies af te trek. Derhalwe sal die IPPR se nuwe webwerf uiters nuttig wees.
Openbare verklarings deur die regering se leierskap sal op Namibia Fact Check ontleed kan word en die feite nagegaan word.
Hopwood erken politieke leiers kan wel foute maak oor onderwerpe wat nie deeglik nagevors is nie, en die stellings dus nie doelbewus kwaadwillig is nie.
Tog word valse inligting doelbewus wêreldwyd versprei soos in die geval van Rusland se invloed op sosiale media tydens die verkiesing van pres. Donald Trump. Dié soort valse nuus gryp die publiek se verbeelding aan, versprei soos 'n virus en “kan ook in Namibië toegepas word,” sê Hopwood.
“Daar is ook entiteite wat in kommersiële belang valse nuus versprei en kliek-aas (click-bait) gebruik om 'n wêreld te skep waarin niemand weet wat om te glo of wie om te vertrou nie. Later begin glo mense die eenvoudigste leuen,” waarsku hy.
“Ons moet almal waak teen die verspreiding van valse nuus. Voordat jy hertwiet of 'n plasing aanstuur, wag eers en dink daaroor. Vra jouself af: Is dit akkuraat, is dit feitlik, is dit die waarheid?
Die groot kommer in Namibië is die tekort aan gehaltedata in talle gebiede en baie amptenare se onwilligheid om inligting vry te stel, sê Hopwood.
“Die IPPR se klem op die belangrikheid van feite pas in by die beroep op toegang tot inligtingwetgewing in Namibië.
“Ek moedig almal aan om feite te ondersoek en dit wat ons sê, te verifieer. In hierdie verkiesingsjaar en ons hoogs gepolitiseerde land grens kommentaar dikwels aan haatspraak. Ek is bekommerd omdat dit al hoe erger raak.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie