'Fop-ongeluk’ op kamera verewig

Beeldmateriaal wys hoe twee motoriste oënskynlik ‘n voorafbeplande motorongeluk in Windhoek veroorsaak.
Yolanda Nel
Yolanda Nel - Binne sowat 20 minute het twee Windhoekse motoriste oënskynlik daarin geslaag om ‘n fop-ongeluk te maak, wat ‘n versekeringsmaatskappy honderde duisende Namibiese dollar in eise kan kos.

Dié voorval is op 6 Januarie om 23:25 deur die Kleine Kuppe-buurtwag se kringtelevisiekameras vasgelê.

In die beeldmateriaal kan gesien word hoe twee voertuie by ‘n stopstraat in Robert Mugabeweg tot stilstand kom.

‘n Bakkie stop ’n paar sekondes daarná agter dié twee voertuie.

Die voorste voertuig, ’n rooi sedan, se insittendes klim uit en dit lyk of hulle plekke met die middelste voertuig se insittendes ruil.

Dan word die rooi sedan in die middel van die kruising geparkeer.

Die bestuurder klim uit en stap weg, waarná die bakkie en die middelste, wit sedan wegry.

Minute later ry die wit sedan teen die rooi sedan vas.

Die bestuurder, wat aanvanklik uitgeklim het, hardloop nader en dit lyk of die skade bestudeer word.

Teen 23:40 word die wit sedan in trurat gesit en ry hy wéér in die rooi sedan vas.

Indien die doel was om een van die voertuie af te skryf, sou die eerste stamp nie hard genoeg daarvoor wees nie.

Ses minute later daag verskeie insleepdienste by die “ongelukstoneel” op.

“Geld blyk die grootste motief te wees,” het ‘n anonieme bron aan Republikein gesê.

Volgens dié bron is hierdie soort voorval geen nuwe tendens nie.

“Daar’s ’n reusenetwerk van hierdie tipe bedrog; dit gebeur meer gereeld as wat mens sou dink,” het hy gesê.

Die versekeringsbedryf is dit eens – voorafopgestelde motorongelukke is besig om toe te neem.

“Die ekonomie speel ‘n groot rol en mense is in die knyp en vat kanse om hul finansies aan te vul,” het die bron gesê.

Omdat almal swaarkry, verkoop voertuie nie so flink soos in ekonomies gesonde tye nie, sê hy.

“En N$100 000 of N$300 000 in die bank is beter as ‘n voertuig, omdat jy ‘n motor kan huur as dit nodig is, maar jy kan nie vanaand vir jou kinders ‘n bord kos huur nie,” verduidelik hy.

Die bron waarsku dit is nie vir versekeringsmaatskappye onmoontlik om vas te stel of ‘n ongeluk beplan is nie.

“Jy kan strafregtelik vervolg word en jy sal nooit weer verseker word nie,” het hy gesê.

Dié wat hulself hieraan skuldig maak, lê dan ook ‘n valse verklarings by die polisie af.

“Jy kan in die tronk gaan sit.”

Beide voertuie se registrasienommers is aan die polisie gegee en alle versekeringsmaatskappye is gewaarsku om op die uitkyk te wees vir ‘n eis wat hierdie voertuie betrek.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.59 | EUR to NAD 20.32 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 399.40/OZ UP +0.82% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.30% | Zinc US$ 2 869.00/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.99/BBP UP +0.95% | Platinum US$ 931.11/OZ DOWN -0.0054