FNB-baas: 'Banke is nie onder beleg'
FNB-baas: 'Banke is nie onder beleg'

FNB-baas: 'Banke is nie onder beleg'

FNB Suid-Afrika se nuwe uitvoerende hoof gesels openhartig oor banksake en die kritiek wat die sektor verduur.
Estelle de Bruyn
Dié 45-jarige uitvoe­rende hoof van FNB, Jacques Celliers, gebruik Uber om by die werk te kom. Eers het hy sy motor verkoop en 'n jaar lank net Uber gebruik.

Toe koop hy 'n motor en stel in sy persoonlike hoedanigheid 'n bestuurder aan wat hom soggens werk toe neem.

Die res van die dag doen die bestuurder dan Uber-werk.

Celliers glo 'n mens moet die interessante goed wat elke dag om jou gebeur, ervaar. Dit vind ook neerslag in sy fassinasie met digitale ontwikkeling en die e-resies.

Hy kan nie verstaan dat daar mense is wat nog nooit Uber of Airbnb gebruik het nie. “Al doen jy dit net een keer, jy moet die blootstelling kry. Dit maak deure oop.”

Celliers is ook 'n trotse bankbaas: trots op die bank se bedryfsmomentum van die laaste paar jaar, op digitale innovering en op die stabiliteit wat die banksektor in Suid-Afrika skep.

“Ons weet mense is in dié moeilike ekonomiese tye kwesbaar, hulle is besig en werk lang ure en dis nie maklik om by jou bank uit te kom nie. Daarom het ons bykomende takke geopen, sake-­ure verleng en doen ons besoeke aan buitepersele soos myne.”

FNB het in die tyd van Michael Jordaan, sy vorige uitvoerende hoof, naam gemaak as 'n digitaal innoverende bank. Onder Celliers word dié werk voortgesit, met meer digitale kanale vir kliënte wat nie 'n banktak wil besoek nie en digitale sones in die takke waar kliënte wat nog voel-voel aan die gebruik van tegnologie om banksake te doen, gehelp word totdat hulle gemaklik daarmee is.

“Jy kan seker nooit van mense verwag om liéf te wees vir banke nie, maar jy kan verwag dat hulle banke vertrou.”

Banke is nie perfek nie en daar sal in elke werkplek individue wees wat kanse vat. “Maar geen bankontwerp word gedoen om die publiek in te doen nie.”



Kritiek is nie nuut nie

Hy meen nie juis die Suid-Afrikaanse banksektor is onder beleg nie. Deur die jare was daar van alle fronte af kritiek op banke.

“Die bankwese is nie net trots op die rol wat hy speel vir aandeelhouers nie, maar ook in gemeenskappe. Daar is hoë verwagtinge van die banksektor.

“Finansier ons die kwesbaarste deel van die bevolking? Ja, maar ons kan meer doen. Is die verspreiding goed ­genoeg? Ons kan meer doen, ook vir transformasie. Maar ons fokus daarop om alle elemente van diskriminasie uit te skakel.”



FNB se resultate

Celliers is in sy noppies met FNB se groei van 6% in die plaaslike kliëntebasis en 12% in transaksievolumes in die ses maande tot einde September, asook die pas waarin kliënte digitale platforms aanvaar en app-volumes wat op 'n jaargrondslag 80% hoër is.

Hoewel FNB se wins in Suid-Afrika met 6% geklim het, het dit in die res van Afrika met 29% gedaal, veral weens swak vertonings in Mosambiek en Zambië.

Celliers benadruk dit neem 'n ruk om jou sakebelange in 'n vreemde land te vestig. “Ons is in die regte lande en moet nou net skaal bou. Dit is nie 'n korttermynbesluit nie.

“Baie van die Afrikalande waar ons sake doen, is geraak deur die droogte. Onthou, dit is juis in moeilike tye dat jy jou handelsnaam vestig en bou indien jy mense help en ondersteun.”

FNB het die laaste paar jaar momentum in die middelmark-, kommersiële en topsegment opgebou. Dít het hom kans gegee om na te dink oor wat hy kliënte in die laagste segmente wil bied.

“Ons het in die eerste helfte van die boekjaar opwindende produk- en vereenvoudigde prys­inisiatiewe vir die ­laer marksegment beskikbaar gestel. Dit het eenmalig 'n negatiewe impak op ons nierente-inkomste gehad. Maar deur doelbewus kliënte in eenvoudiger en bekostigbaarder produk- en prysopsies te plaas en toegang tot bankdienste te verbeter, kan ons sterker betrekkinge vir die toekoms bou.”

Sowat 2 miljoen mense gebruik nou FNB se gratis eWallet. Dit is vir mense wat 'n klein basiese loon kry of tydelik werk en net af en toe betaal word.

Dit is die begin van 'n reis met die kliënte en FNB is baie trots om met mense van intreevlak tot miljardêrs die pad te stap. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.05 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 326.23/OZ UP +0.43% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.59% | Zinc US$ 2 859.90/T UP 1.9% | Brent Crude Oil US$ 87.94/BBP DOWN -0.0006 | Platinum US$ 904.61/OZ UP +0.27%