FlyWestair vlieg nou ook na Ondangwa
Die nuwe Namibiese redery, FlyWestair, bedien benewens Oranjemund nou ook die Ondangwa-roete.
As nuwe passasiersarm van Westair Aviation het FlyWestair aangekondig hy gaan voortaan vier keer per week tussen die Eros-lughawe in Windhoek en die lughawe by Ondangwa vlieg.
Passasiers sal die keuse hê van twee vlugte per dag op Maandae, Woensdae, Vrydae en Sondae.
Die nuwe redery se eerste passasiersvlug na Oranjemund het op 24 Junie by Eros-lughawe opgestyg. FlyWestair vlieg drie keer per week na hierdie bestemming in die verre suidweste van die land.
Die Namibiese Vervoerkommissie het vroeër die status van passasierdraer aan Westair Aviation toegeken.
Westair Aviation sê in ’n verklaring hy beplan om binnekort ook vlugte na Kaapstad, Walvisbaai en Johannesburg in te stel.
Die streeksvlugte sal begin sodra die nodige diensleweringsooreenkomste met lughawens gesluit is.
FlyWestair se toetrede as redery vir plaaslike en streeksroetes hou ’n bedreiging vir Air Namibia in.
Laasgenoemde ly reuseverliese op sy buitelandse roete na Frankfurt en is afhanklik van besprekings op die plaaslike en streeksroetes.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie