FlyWestair vlieg na Oranjemund

Vlugte drie dae ’n week

12 June 2019 | Vervoer
‘n Nuwe era in Namibiese lugvaart word op 24 Junie ingelei wanneer Westair se eerste geskeduleerde passasiervlug opstyg.

Die Namibiese Vervoerkommissie het die status van passasierdraer aan die maatskappy toegeken.

Dié akkreditasie maak Westair Aviation ‘n amptelik geskeduleerde passasierlugredery onder die vaandel FlyWestair, met vlugte na verskeie bestemmings in die land en die substreek.

Die eerste roete sluit drie geskeduleerde vlugte per week van die Eros-lughawe in Windhoek na Oranjemund in, wat op 24 Junie afskop.

Nuwe roetes wat ook ingestel gaan word, sluit vlugte van Oranjemund en Windhoek na Kaapstad in, asook na Walvisbaai, Ondangwa en Johannesburg.

Plaaslike vlugte op die roetes sal na verwagting in Julie begin, terwyl streekvlugte van Augustus ingestel kan word.

Die maatskappy sê in ‘n verklaring die besluit om ‘n amptelike passasierdiens vir Jan Publiek in te stel, is aangevuur deur geleenthede in die mark, waarvan die roete van Windhoek na Oranjemund die mees onmiddellike behoefte was.

Volgens die voorsitter van die Westair-groep, mnr. Wolfgang Grellmann, is die bekendstelling van FlyWestair ‘n natuurlike uitvloeisel van die groeiende aantal dienste wat die onderneming reeds sedert 1967 verskaf.

“Ons is op ‘n voortdurende sending om die lugvaartstandaard in Namibië te verbeter. Daar is ‘n beduidende behoefte aan ‘n gereelde geskeduleerde vlug na Oranjemund. Namibië se regering, deur middel van De Beers Marine Namibia (Namdeb), belê baie hulpbronne daarin om ‘n toekoms buiten mynbou vir die dorp te skep. Maklike, gereelde toegang tot die dorp is daarom noodsaaklik,” het hy gesê.

“Gegewe die ekonomiese aantrekkingskrag van maatskappye wat vanuit Oranjemund diens doen, is daar beslis ‘n behoefte daaraan om toeganklikheid en vlugte na Oranjemund te verhoog, wat tot voordeel van die ekonomie en bedrywe op die dorp en die land as geheel strek.”

Volgens hom is Ondangwa die bestemming wat die meeste in die land besoek word.

“Die regering het deur middel van die Namibiese lughawensmaatskappy groot in ‘n aanloopbaan en infrastruktuur belê. As ‘n trots Namibiese lugredery is ons daaraan toegewy om die meerderheid van ons bevolking te bedien. Wanneer die vlugte in bedryf is, sal dit moontlik wees om binne een dag van Oranjemund na Ondangwa te vlieg,” het Grellmann gesê.

Vlugte na Oranjemund vertrek Maandae, Woensdae en Vrydae om 09:30 uit Windhoek en land 10:40 op die dorp. Dit vertrek weer om 16:00 uit Oranjemund en land om 17:10 in Windhoek.

Westair is 100% in Namibiese besit en beskik oor ‘n vloot van meer as 30 vliegtuie en 70 vlieëniers.

Soortgelyk

 

Chasing your dream

15 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

15 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

15 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

15 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

15 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

15 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

15 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

15 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

15 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...