FlyWestair vlieg driekeer per week na Oranjemund
Westair Aviation het amptelik sy geskeduleerde passasiersredery, FlyWestair bekendgestel. Die eerste roete sluit drie geskeduleerde vlugte per week vanaf die Eros-lughawe in Windhoek na Oranjemund wat op 24 Junie afskop. Nuwe roetes wat ook ingestel gaan word, sluit vlugte na Kaapstad vanaf Oranjemund en Windhoek, asook na Walvisbaai, Ondangwa en Johannesburg in. Plaaslike vlugte op die roetes sal na verwagting in Julie vanjaar begin, terwyl streeksvlugte vanaf Augustus, onderhewig aan diensooreenkomste met owerhede en diensverskaffers ingestel sal word. Die vlugte na Oranjemund vertrek Maandae, Woensdae en Vrydae uit Windhoek om 09:30 en aankoms op die dorp is 10:40. Dit vertrek weer uit Oranjemund om 16:00 met aankoms in Windhoek om 17:10.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie