Florida-leerling oorleef skietery nes oupa in 1949
'n Leerling (17) aan die Hoërskool Marjory Stoneman Douglas in Florida, Amerika, het die skietvoorval by dié skool verlede week oorleef.
In 1949, op die ouderdom van 12, het Charles Cohen in ’n kas weggekruip terwyl ’n gewapende man sy gesin uitgewis het.
Byna 70 jaar later sou sy 17-jarige kleindogter, Carly Novell, dieselfde doen toe ’n skieter op haar skool toegeslaan het.
Novell, ’n 17-jarige leerling aan die Hoërskool Marjory Stoneman Douglas in Florida, Amerika, het die skietvoorval by dié skool verlede week, waarin 14 leerlinge en 3 personeellede dood is, oorleef. Sy het in ’n kas weggekruip.
In die voorval 70 jaar gelede, wat die “Walk of Death” gedoop is, het Howard Unruh 13 mense in New Jersey doodgeskiet, waaronder Cohen se ouers, dr. Maurice J. (39) en Rose Cohen (38), en sy pa se ma, Minnie (63). Volgens Wikipedia was daar ook drie kinders onder die oorledenes.
Volgens CNN word dit as die eerste enkelvoorval-massamoord in die geskiedenis van Amerika beskou.
Volgens CBS News het Unruh die res van sy lewe in ’n psigiatriese staatshospitaal deurgebring en is hy in 2009 oorlede. Hy het skuld aan die moorde beken, maar is nooit verhoor nie.
Cohen se dogter, Lori Greenberg, het aan die Courier-Post van Cherry Hill gesê haar pa het nie graag oor die aanval op sy gesin gepraat nie.
“Hy wou die res van sy lewe leef en wou nie dat dit hom definieer nie,” het Greenberg gesê. “Maar ek dink om nie daaroor te praat nie en dit te onderdruk is baie erger.”
Sy het gesê Carly het met beraders gesels en “is oukei”.
“Maar dit is moeilik vir haar,” het Greenberg gesê.
“Carly het ’n vriend verloor. Nog ’n vriend van haar het gesien hoe twee mense doodgeskiet word.”
Novell het aan HuffPost gesê sy het nie eens geweet van haar oupa se ervaring tot ná sy dood, ook in 2009, nie.
Maar in 1999 het Cohen aan AP vertel die moorde spook by hom. “Weet jy hoeveel keer in 50 jaar het ek al daardie storie herleef?” het hy gevra. “Dit kon gister gewees het.”
Novell het twee foto’s van haar oupa getwiet en geskryf:
“Hierdie soort voorvalle behoort nie herhalend te wees nie. Iets moet verander.”- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie