u2018Fitbitu2019 vir Flaffie is hier
u2018Fitbitu2019 vir Flaffie is hier

‘Fitbit’ vir Flaffie is hier

’n Diensverskaffer in die buurland het pas sy eerste troeteldierproduk bekend gestel.
Petrus Malherbe en Hanlie Stadler – Kuier Katinka alewig by die bure se katter of is jy heeltyd bekommerd dat Wagter gaan wegraak? Dan is Vodacom se nuwe opsporingstelsel vir troeteldiere dalk die ideale oplossing.

Die diensverskaffer sprei sy vlerke na die troeteldierbedryf en het pas sy eerste produk spesiaal vir jou viervoetige vriend bekend gestel.

V-Pet is ’n klein opsporingstoestel wat danksy GPS-tegnologie met jou slimfoon verbind.

’n Spesiale app stel jou in staat om ten alle tye te weet waar Vlooi haar bevind. Jy kan dit by die werk, met vakansie – enige tyd – gebruik om regstreeks op ’n kaart na te gaan waar jou geliefde poedel, boerboel of siamees tans is.

Het die buurman se seun beloof hy sal smiddae saam met Vlekkie gaan stap? Nou sal jy kan sien of hy daad by die woord gevoeg het!

Wat van mikroskyfies?

Hoewel baie troeteldiereienaars deesdae mikroskyfies in hul diere laat inplant, het dié stelsel baie groot tekortkominge.

· Eerstens moet die dier gevind word sodat hy geskandeer kan word;

· Tweedens moet iemand hom wel na ’n plek soos ’n veearts met ’n skandeerder neem;

· Derdens moet die mikroskyfie nog werk (die skyfies kan ná jare verweer); en

· Vierdens veronderstel dit dat jou kontakbesonderhede bygehou is en jy bereik kan word.

Die V-Pet kan jou proaktief help om jou dier op te spoor, pleks dat jy moet hoop al dié faktore tel in jou guns.

Hoe werk dit?

Vodacom se V-Pet-produk behels ’n afsonderlike kontrak wat jy teen R49 per maand moet uitneem.

Jy hoef nie reeds ’n Vodacom-kliënt te wees nie, aangesien dié kontrak nie deel vorm van ’n bestaande een nie.

Teen die maandelikse bedrag kry jy die waterdigte opsporingstelsel wat jy aan Brakanjan se halsband heg, ’n simkaart waarmee die stelsel aan die selfoonnetwerk verbind en toegang tot die app.

Jou troeteldier kan wel net opgespoor word in gebiede waar daar Vodacom-ontvangs is. Die data wat benodig word om die seine te stuur, is ingesluit in die kontrak.

Ander voordele

Afgesien van ’n kaart waarop jy kan sien waar jou brakkie is, sal jy kan sien hoeveel treë jou wollerige kind al gegee het en hoeveel ure hy of sy in die laaste 24 uur geslaap het.

Kortom is die Fitbit vir Flaffie hier.

Verskeie opsies beskikbaar

Vodacom is geensins die eerste onderneming om ’n opsporingstelsel vir troeteldiere te ontwikkel nie.

Verskeie soortgelyke produkte is op Takealot beskikbaar, hoewel dit nie oor so wye gebied soos die V-Pet kan werk nie.

Die beste beskikbare produkte gebruik Bluetooth-tegnologie in plaas van ’n selfoonsein om aan die toestel te verbind, wat beteken jy moet betreklik naby jou troeteldier wees om hom te kan opspoor.

Netwerk24 het van ’n mededinger van Vodacom verneem hy werk aan ’n soortgelyke produk, maar is nog nie gereed om meer uit te lap nie. Dit word beskou as ’n ontwikkeling op die front van die “internet van dinge” (IoT).

Is dit al te koop?

Die V-Pet word reeds op Vodacom se webwerf gelys as beskikbaar in al sy winkels.

Reklame vir die produk word ook reeds op sosialemediaplatforms, waaronder Facebook en YouTube, gewys.

By navraag het ’n woordvoerder gesê dit moet nog amptelik beskikbaar gestel word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!