Fishrot-verhoor: Prokureurs betwis saamvoeg van sake

21 May 2021 | Howe
Marc Springer – Die korrupsieverhoor oor die viskwota-skandaal wat Namibië wêreldnuus gemaak het, is gister vir nog 'n maand uitgestel.

Van die prokureurs vir die verdediging het regter Christie Liebenberg in die hoërhof ingelig hulle gaan die beplande voeging van die twee verskillende sake teenstaan.

Tydens die jongste voorverhoorverrigtinge het mnre. Milton Engelbrecht, Trevor Brockerhoff en Jermaine Muchali aangedui hulle sal hierdie aansoek deur adjunk-aanklaer-generaal Ed Marondedze uitdaag.

Adv. James Diedericks, wat vir oudminister Sacky Shanghala en sakemanne James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo verskyn, het gesê hy sal meer tyd benodig om ­dokumente en bewysstukke in die saak te bestudeer. Die meer as honderd lêers is volgens Diedericks eers onlangs deur die staat blootgelê. Hy sal eers dan standpunt oor die aansoek vir samvoeging van die sake kan inneem, het Diedericks gesê.

Marondedze het nie die versoek teengestaan nie.

Daar is ooreengekom dat die verdediging op 25 Junie sal aandui wat hul standpunt is.

Die verhoor moet op 12 Julie begin.

Die staat sal op 28 Mei sy lys van getuies beskikbaar stel, asook 'n voorverhoormemorandum en 'n opsomming van basiese feite in die saak.

Mnr. Richard Metcalfe het opnuut beswaar aangeteken teen die vertragings wat 'n samevoeging nou veroorsaak. Hy het Liebenberg egter gelyk gegee dat genoeg tyd vir administratiewe voorbereidings nodig is weens die groot omvang van die beweerde misdrywe.

Die ander beskuldigdes is oudminister Bernhard Esau, mnre. Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Mike Nghipunya, Otneel Shuudifonya, Phillipus Mwapopi en Nigel van Wyk.

Elf ondernemings is ook in die beskuldigdebank.


FOTO
Mnr. Bernhard Esau (regs), voormalige visseryeminister, en sy skoonseun, mnr. Tamson Hatuikulipi, gister in die hoërhof. Foto Marc Springer

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 750 nuwe gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skuif met sewe - twee in Windhoek en een elk in onderskeidelik Swakopmund, Grootfontein, Outjo, Gobabis en Rundu - op tot 912. Vandag...

Een dood, twee erg beseer in voorvalle van geslagsgeweld

4 ure gelede | Misdaad

‘n Vrou van 35 het op Okakarara gesterf nadat sy na bewering deur haar man aangerand is, terwyl ‘n jong man en vrou ernstige beserings...

Profeet TB Joshua sterf

10 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

20 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

2 dae gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...