Fishrot-verdagtes kry 2de hoërhofdatum

Nigel van Wyk bygevoeg as beskuldigde in saak

08 February 2021 | Howe
Hofverslaggewer



Benewens die oorspronklike ses be­skuldigdes in die Fishrot-viskwotaskandaal, sal 'n sewende be­skuldigde ook teenwoordig wees wanneer hulle op 22 April hul eerste verskyning in 'n voorverhoor in die hoërhof maak.

Die Fishrot-6, wat in November 2019 in hegtenis geneem is toe die vermeende ­grootskaalse korrupsie in die uitrei­king van viskwotas bekend geword het, is mnre. Bernhard Esau, die ­voormalige minister van visserye en mariene ­hulpbronne, Sacky Shanghala, die voormalige minis­ter van justisie, James Hatuiku­lipi, die ­voormalige ­besturende direkteur van Investec Namibia en gewese voorsitter van Fishcor, Tamson Hatuikulipi, Esau se skoonseun en 'n neef van James, Ricardo Gustavo, wat ook by Investec Namibia gewerk het, en die sakeman Pius ­Mwatelulo.

Mnr. Nigel van Wyk, 'n werknemer van Shanghala, is Vrydag bygevoeg as 'n beskuldigde in die saak toe die mans in afwagting van 'n beslissing deur die aanklaer-generaal (AG), me. Martha Imalwa, voor landdros Linus Samunzala verskyn het.

Hulle is meegedeel hulle sal op 14 klagte in die hoërhof moet antwoord. Die Yslandse vismaat­skappye in die Samherji-groep en hulle uitvoerende hoofde sal ook vervolg word, is aan die hof gesê.

Volgens die beslissing van die AG staan die be­skuldigdes in dié tweede strafsaak voortspruitend uit die Fishrot-ondersoek, tereg op aanklagte van rampokkery, bedrog, omkopery, ampsmisbruik vir eie gewin, geldwassery en sameswering om korrupsie te pleeg.

Hierdie aanklagte spruit voort uit bewerings dat hulle die ministerie van finansies glo bedrieg het toe hulle wanvoorstellings aan die ­Direktoraat Binne­landse ­Inkomste gemaak het deur te kenne te gee Nangomar Pesca Namibia het van 2014 tot 2019 'n ­inkomste van N$12,1 miljoen ­genereer, terwyl die werklike bedrag ongeveer N$40,1 miljoen was.

Die ander strafsaak teen hulle hou verband met die bewerings dat smeergeld in ruil vir kwotas wat deur die staat se ­vismaatskappy, Fishcor, uitgereik is, na die Fishrot-begunstigdes gevloei het.

Die bewering is dat die Windhoekse prokureur, mnr. Marén de Klerk, gebruik is om N$75,6 miljoen deur twee rekeninge na hulle en ander begunstigdes te kanaliseer.

Mnr. Mike Nghipunya, die gewese uitvoerende hoof van Fishcor, is in dié deel van die Fishrot-verhoor saam met die ander ses in die beskuldigde bank.

Dié saak is ook op 22 April op voorverhoor in die hoërhof.

Die adjunk-aanklaer-generaal, mnr. Ed Marondedze, bygestaan deur staatsadvokaat Cliff Lutibezi, het Vrydag vir die staat verskyn.

Die sewe mans is verteenwoordig deur mnre. Florian Beukes, Appollus Shimakeleni, Richard Metcalfe, Jermaine Muchalui, Lucious Murorua en Trevor Brockerhoff.

Al sewe beskuldigdes word in die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou.– Eie berig en Nampa

Soortgelyk

 

Vrou woon in haar motor by hospitaal

7 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

7 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

7 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

7 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...

'Swak bestuur rede vir Meatco se krisis'

7 ure gelede | Byvoegsels

Ellanie Smit - Volgens ’n verslag wat aan die ministerie van staatsondernemings (SOE's) voorgelê is, staar Meatco likwidasie in die gesig indien hy nie kostes...

Hof kry Heritage Health voor stok

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die mediese fonds Heritage Health het 'n bloutjie in die hoërhof geloop nadat hy sy jaarlikse premies wou verhoog, maar dié stap...

'IEB in nuwe formaat is hier om te bly'

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Die nuwe leerplan vir skole in Namibië wat die Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-stelsel volg, is vergelykbaar met die Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat (SSS)...

#Indigiwalk Namibia in die pyplyn

7 ure gelede |

Augetto Graig – Die pad na 'n beter wêreld is eensaam en lank en mnr. Craig (Q7) Beckett, 'n Suid-Afrikaanse Khoisan-jagter, geneser en menseregte-aktivis, sal...

‘Geen personeel betrokke by stropery’

7 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme het bevestig dat geen van sy personeel by wildstropery betrokke was nie en stropery het...