Fishrot-ses vra nie borg

Skare betoog voor hof

03 December 2019 | Howe
Elvira Hattingh - Die sogenaamde Fishrot-ses se regsverteenwoordigers en die staat het gister ooreengekom om nie ’n aansoek om borgtog in die Windhoekse landdroshof te bring nie.

Dít glo om tyd vir verdere ondersoek toe te laat, het staatsaanklaer Hesekiel Ipinge aan landdros Linus Samunzala Samunzala gesê.

Dit beteken indien die beskuldiges intussen besluit om nié weer ’n aansoek om borgtog te bring nie, hulle Kersfees en Nuwejaar in aanhouding sal bly en eers op 20 Februarie 2020 weer in die hof sal verskyn.

Volgens gerugte sal die twee Suid-Afrikaanse regsverteenwoordigers, advokate Mike Hellens en Dawie Joubert, wel die oudministers in die saak verteenwoordig wanneer hulle oor die nodige dokumentasie beskik om in Namibië te mag werk.

Intussen het ’n skare mense gister oor middagete met plakkate buite die Windhoek-landdroshof teen die toestaan van borgtog aan die ses betoog.

Die beskuldigdes is die voormalige ministers, mnre. Bernard Esau en Sacky Shanghala, asook mnre. James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo (beide was vroeër in senior bestuursposte by Investec Asset Management Namibia), Tamson “Fitty” Hatuikulipi en Pius Mwatelulo.

Die betogers het ná die ses se verskyning in die hof weerskante van die uitgang gestaan, gesing en plakkate geswaai.

Die beskuldigdes en hul familielede is luid uitgejou toe hulle die perseel verlaat.

Klagte van bedrog, geldwassery, belastingontduiking, die misbruik van ’n ampspos vir eie gewin, die ontvang van of instem tot omkoopgeld en sameswering met die doel om ’n misdryf te pleeg, is laat Vrydagmiddag amptelik teen die sogenaamde Fishrot-ses aanhangig gemaak.

Die bom oor die viskwotaskandaal het op 12 November in die buitelandse media gebars.

Die beskuldigdes het na bewering N$150 miljoen se omkoopgeld van die Yslandse vismaatskappy Samherji vir die toekenning van viskwotas ontvang.

Die saak hou verband met die toekenning van viskwotas aan Namgomar Pesca (Namibia) Pty Ltd, asook verskeie ander mense en entiteite in Namibië, Ciprus, Ysland, Angola, Noorweë, Mauritius en die Verenigde Arabiese Emirate.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Vyf adjunkministers besoek Walvisbaai

14 ure gelede | Regering

Leandrea Louw – 'n Hoëvlakafvaardiging wat uit vyf adjunkministers bestaan, is tans in Walvisbaai op 'n ter plaatse besoek aan die Erongostreek en in veral...

Privaatskole bloei ook

14 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Privaatskole in Namibië onder die vaandel van die Namibië Privaatskole Organisasie (Napso) het tussen 5% tot 20% van hul skoliere direk vanweë...

Meer as 60 herstel van Covid-19

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, sê die aantal bevestigde ­Covid-19-gevalle het met 36 tot 1 402...

Die weer vir 23 Julie 2020

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal vir die res van die week oor die Namib en kusgebiede voortduur. BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot...

Werknemers in lugvaart ruk op oor griewe

14 ure gelede | Arbeid

Werknemers van Air Namibia en die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) het gister saam met eweknieë van die Namibiese Kajuitpersoneelunie (NCCU) en die Namibiese Vervoer- en Verwante...

Esau en skoonseun bly in tjoekie

14 ure gelede | Misdaad

Jemima Beukes – Landdros Duard Kesslau het gister in die Windhoek-landdroshof gesê die oudminister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, en sy skoonseun,...

Universiteite skud hul vere reg

14 ure gelede | Onderwys

Kristien Kruger – Verteenwoordigers van verskeie tersiêre instellings was laasweek aan die woord by die Covid-19-kommunikasiesentrum in die hoofstad om te gesels oor hul gereedheid...

Psemas-tender uitgestel

14 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) het 'n tegniese komitee saamgestel om die kriteria in die standaardtenderdokument, om die staat se mediese...

Daniele Ferrari môre gegroet

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die Windhoekse sakeman mnr. Daniele Ferrari (52) wat in die bou- en konstruksiebedryf ’n geliefde en gerespekteerde figuur was, word môre om...