Fishrot-ses pak deursoekbriewe

Regsgedinge stapel op

05 February 2020 | Howe
Elvira Hattingh - Die sogenaamde Fishrot-ses was gister weer in die hoërhof met ’n dringende aansoek waarin hulle vra deursoekingslasbriewe moet ongeldig en onwettig verklaar word.

Die hof is ook versoek om alle stappe wat weens dié lasbriewe gedoen is, ter syde te stel. Dit sou beteken alle gekonfiskeerde items moet aan hulle terugbesorg word.

Die applikante het gister voor hoërhofregter Thomas Masuku aangevoer die prosesse om die lasbriewe te bekom, asook amptenare se optrede tydens die soektogte, was onwettig.

Dít volg nadat die applikante, mnre. Bernhard Esau, Sacky Shanghala , James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, verlede week besluit het om die aftog te blaas in ‘n sootgelyke aansoek waarin hulle die geldigheid van lasbriewe vir hul inhegtenisneming wou betwis.

In sy beëdige verklaring meen Esau daar is met die deursoekingslasbriewe gefouteer deur nie slegs ‘n enkele amptenaar vir die soektog aan te wys nie, maar 17.

Boonop meen hy die lasbriewe is vaag, gaan oorboord en is onverstaanbaar. Esau sê in ’n lasbrief is byvoorbeeld geskryf daar word na “groot bedrae geld” gesoek, sonder om te vermeld watter geldeenheid of bedrag dit moet wees of hoe dit verband met die voortslepende ondersoek hou.

Ook is alle items waarna gesoek moet word nie genoegsaam geïdentifiseer nie.

“Die lasbriewe is bykans soos ’n hengeluitstappie,” het Esau in sy verklaring geskryf. Hy meen dit “bemagtig ’n blindelingse inval” en bied amptenare ook onbeperkte magte vir beslaglegging tydens die soektog.

Esau sê daar is tydens soektogte oorboord gegaan deur beslag te lê op kontrakte en ooreenkomste, bankstate, finansiële state, betaalstrokies, kwitansies en belastingopgawes. Hy sê beslag is selfs op voorlopige testamente van hom, Shanghala en James Hatuikulipi gelê.

Verder meen hy prosedures vir die soektog is misbruik deurdat meer items gekonfiskeer is as wat die lasbriewe gemagtig het.

“Tydens 12 Desember se soektog op die plaas Dakota is N$60 000, wat aan my seun behoort, gekonfiskeer, asook N$18 000 wat aan die plaas behoort. Verder is ’n boek met salaris-inligting afgevat, asook die sleutels van ’n dubbelkajuitmotor en veerekords en -kwitansies.”

Hy beweer ook talle van sy medebeskuldigdes se items is gekonfiskeer, wat insluit Shanghala se vuurwapens, ’n Range Rover Vogue en ’n Mercedes-Benz E400, en James se bankkaarte.

Boonop is geen inhoudsopname aan die applikante verskaf van wat alles gekonfiskeer is nie.

Die applikante voer aan die saak is dringend omdat hul fundamentele regte op die spel is. Hulle sê die aansoek het lank geneem omdat die vakansieseisoen sake belemmer het, buiten dat hulle sukkel met toegang tot fondse ná hul bankrekeninge gevries is.

Die respondente, waaronder die Teenkorrupsiekommissie (ACC), die aanklaer-generaal en Nampol se inspekteur-generaal, het die aansoek op grond van dringendheid asook meriete teengestaan.

Masuku sal uitspraak in dié saak lewer, terwyl James en Tamson Hatuikulipi môre (Donderdag) weer in die hof is met ’n saak oor hul sewe beslote korporasies en twee maatskappye se gevriesde bankrekeninge.

Hulle hoop die hof sal dié aksie van die Finansiële Inligtingsentrum onwettig en ongeldig verklaar.

[email protected]

Soortgelyk

 

Kenner van familieondernemings kom lewer praatjie

58 minute gelede | Kuns en vermaak

Een van Suid-Afrika se voorste kenners van familieondernemings lewer Vrydagoggend op uitnodiging van die kultuurorganisasie, Netwerk, ‘n ontbytpraatjie by Am Weinberg Hotel in Windhoek.Prof. Elmarie...

Nog water vir Hardap en ses ander

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Ses nasionale damme ontvang steeds water, met ‘n sewende een wat gister om 16:00 óók nog water gekry het.Volgens NamWater se jongste...

Oudpres. Hosni Moebarak van Egipte sterf

2 ure gelede | Internasionaal

Die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak is dood, het die staatstelevisie berig.Hy was 91.Moebarak is in 2011 ontsetel ná 'n bewind van sowat 30 jaar....

Nege vas oor renosterhorings

2 ure gelede | Misdaad

Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Volgens die wildmisdaadverslag van 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Gesoek: Namibiërs wat in China woon, studeer

4 ure gelede | Ministeries

Die Namibiese ambassade in China is in die lig van die uitbreking van die corona virussiekte (covid 19) besig om sy lys op te dateer...

Ministerie bemagtig mans én vroue

5 ure gelede | Ministeries

Die algemene siening dat die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn net vir vroue en kinders is, is onwaar en onproduktief. “Sommige mans dink hierdie ministerie...

Damme voller

16 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

16 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

16 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...