Fishrot: Namibië wil weet

Tweederdemeerderheid geld tot Maart

13 February 2020 | Regering
Augetto Graig - Die tiende sessie van Namibië se sesde parlement het Dinsdag afgeskop en verskeie vrae oor die internasionale Fishrot-korrupsieskandaal opgelewer.

Die land se sewende parlement sal op 20 Februarie ingehuldig word, en op 19 Maart sy eerste sitting hou.

Intussen behou Swapo sy tweederdemeerderheid en is me. Martha Namundjebo-Tilahun en mnre. Joel Kapanda, Festus Marenga en Ephraim Nekongo as parlementslede verwelkom.

Dié Swapo-lede vervang die oudminister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, en die oudminister van visserye, mnr. Bernhard Esau, wat by die Fishrot-sage betrek word, asook mnre. Jerry Ekandjo en Sebastian Karupu, wat onlangs bedank het.

Verskeie opposisieleiers het amptelik aangedui vrae sal in die parlement oor dié grootskaalse korrupsieskandaal gevra word.

Volgens die parlement se skedule word antwoorde hierop op Donderdag 20 Februarie verwag.

Die Rally for Democracy and Progress (RDP) se leier, mnr. Mike Kavekotora, het gesê: “Ons is nou daar waar die publiek op meer aanspreeklikheid in reaksie op die misbruik van die land se hulpbronne aandring, en dat die nasie oor die mate van korrupsie in die land ingelig word.”

Hy dring daarop aan dat mnr. Albert Kawana, die prokureur-generaal en waarnemende minister van visserye en mariene hulpbronne, meer oor die staatsonderneming Fishcor se aandeel in die korrupsieskandaal onthul.

Kavekotora wil weet hoe die destydse Fishcor-raadslede aangestel is en wat hul aandeel in die beweerde omkopery was.

Hy het mnre. Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Bennet Kangumu en me. Ndaendomwenyo Sheya uitgesonder, asook goew. Usko Nghaamwa, goew. Sirkka Ausiku en mnr. Moses Maurihungirire, uitvoerende direkteur van mariene hulpbronne en visserye.

Van hulle wil hy weet of hulle bewus van meer as N$70 miljoen se Fishcor-transaksies was, en wat dié transaksies behels het.

Hy wou ook weet wie die ouditfirma was wat die maatskappy se boeke nagegaan het.

Kavekotora wil ook weet hoekom Kawana ’n 15 000 ton-kwota van maasbankers aan ’n stokvismaatskappy toegeken het.

“Wat het jy gedink? Hoe volhoubaar is dit? Hoekom nie ’n stokviskwota nie?” het hy gevra.

Die Popular Democratic Movement (PDM) se parlementêre verteenwoordiger, mnr. Nico Smit, se vrae aan Kawana het verband gehou met vordering in sy ondersoek na onreëlmatighede in Namibië se visbedryf.

Pres. Hage Geingob het Kawana verlede jaar opdrag gegee om die stand van sake by die ministerie te ondersoek.

“Ons het nog niks oor die ondersoek gehoor nie. Lig die huis asseblief in oor die vordering daarmee. Hoekom is die ander twee Samherji-skepe toegelaat om weg te kom? Het die minister eers op Facebook gehoor die skepe verlaat die hawe? Is daar enige poging om die skepe terug te kry?” het Smit gevra.

Intussen het mnr. Björgólfur Jóhannsson, Samherji se uitvoerende hoof, vandeesweek teen die beslaglegging op ’n derde skip, die Heinaste, Vrydag by Walvisbaai uitgevaar.

“Samherji is bekommerd daaroor dat die Namibiese polisie die hofbevel met opset geïgnoreer het, en geweier het om die skip se dokumente aan die eienaar te oorhandig, soos die hof beveel het,” het hy volgens Namibian Sun, Republikein se susterkoerant, gesê.

Dit nadat dié skip se kaptein ’n week tevore skuldig bevind is aan visvang in verbode waters, is berig.

Samherji wil nou regstappe doen ná ’n ooreenkoms om die Heinaste aan ’n Russiese firma te verkoop, glo weens dié gebeure misluk het.

[email protected]

Soortgelyk

 

Damme voller

6 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl 99,671 Mm³ (miljoen kubieke meter) water altesaam 10 nasionale damme die afgelope week binnegevloei het, het die weerkantoor opnuut ’n waarskuwing...

Groot kommer oor sprinkaanplaag in Zambezi

6 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Plaag van bruin sprinkane uit vermoedelik Botswana teister kommunale boere by Muhundu en ander nedersettings in Katima Mulilo se landelike kiesafdeling...

Goliath, the giant

6 ure gelede | Mense

Elizabeth Joseph Born and raised in Windhoek, Romio Goliath started wrestling when he was 10. Being part of the After School Centre Wrestling...

Weerlig slaan meisie (11) dood

6 ure gelede | Misdaad

Weerlig het Saterdag die lewe van 'n elfjarige kind geëis. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag is Aini Shilongo Saterdag omstreeks 18:00 in 'n...

Weer vir 25 Februarie

6 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Swaar storms word in die noordoostelike streke, Otjozondjupa-, Khomas- en suidelike streek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk in die...

NamWater to fix Opuwo’s supply woes

6 ure gelede | Plaaslik

Uakutura Kambaekua – Since 2017, Opuwo town has been faced with diminished water supply, a predicament blamed on high water loss in distribution systems, which...

Havana, Otjomuise powered by June

6 ure gelede | Energie

The ministry of urban and rural development has committed a total of N$14 million for electrification for the 2019/20 financial year, an amount that is...

A significant contributor to Namibia's economic landscape

6 ure gelede | Byvoegsels

Hangana Seafood (Pty) Ltd is a 100% Namibian-owned company, passionate about “Creating a future, enhancing life” for its employees, country and the people of Namibia....

Corona: Afrika 66% gereed

6 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Afrika se algehele gereedheidsvlak vir die coronavirussiekte (covid-19) staan op 66%. Volgens dr. Matshidiso Moeti, die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se streeksdirekteur vir Afrika,...