Fishrot-manne skarrel vir borgtog

Die Fishrot-beskuldigdes het Vrydag borgtogaansoeke in die Windhoek-landdroshof gebring terwyl die staat meer tyd vir verdere ondersoek gevra het.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Windhoek-landdroshof het Vrydag met verskeie Fishrot-sake gewemel, met borgtogaansoeke wat met aansoeke vir die verlenging van tyd vir verdere ondersoek, meegeding het.

Advokaat Ed Marondedze, die staatsaanklaer, moes kophou terwyl die verskeie regsverteenwoordigers probeer het om borgtog vir hul kliente te kry.

In die saak teen mnre. Bernhard Esau, die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, Sacky Shanghala, die voormalige justisieminister, James Hatuikulipi, die voormalige voorsitter van die Fishcor-raad, Tamson “Fitty” Hatuikulipe, James se neef en Esau se skoonseun en Ricardo Gustavo van N$103 miljoen se bedrog, belastingontwyking, omkopery en sameswering om die teenkorrupsiewet te oortree, het die staat uitstel vir verdere ondersoek gevra.

Die verdeding het dit teengestaan en gesê sonder duidelikheid oor wanneer die ondersoek voltooi gaan word, is dit ’n menseregteskending om nie borgtog toe te staan nie.

Landdros Ingrid Unengu sal op Woensdag 3 Junie haar uitspraak in dié saak lewer en landdros Johannes Shuuveni sy besluit oor Gustavo se borgaansoek op dieselfde dag.

Verder het die geskorsde uitvoerende hoof van die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor), mnr. Mike Nghipunya, en ’n medebeskuldige, mnr. Pius Mwatelulo, Vrydag in die korrupsiesaak van N$75,6 miljoen by dié staatsonderneming in die hof verskyn. Gustavo is nie ’n beskuldigde in dié korrupsiesaak nie. Die saak is tot September uitgestel.

Mnr. Nigel van Wyk het ook Vrydag ’n borgtogaansoek ingedien. Hy word saam met Shanghala en James Hatuikulipi van dwarsboming van die gereg aangekla. Van Wyk is aangekeer toe hy glo moontlike bewysstukke wat met die beweerde Fishrot-korrupsie verband hou, uit Shangala se kantoor wou verwyder. Volgens van Wyk het hy bloot sy werk as werknemer van Olea Investments No 9 gedoen. Olea behoort aan Shanghala en James Hatuikulipi. Die aansoek wat voor landdros Ivan Gawanab gebring is, duur nog voort.

Terwyl die staat die Fishrot-beskuldigdes agter tralies probeer hou, is dit duidelik dat nog baie werk voorlê om die omvang van die korrupsie vas te stel.

Volgens Marondedze is ’n internasionale ondersoek noodsaaklik, maar veroorsaak dit vertragings in die ondersoek om die misbruik van visvangkwotas te bepaal.

Hy sê ondersoeke in Angola, die Demokratiese Republiek die Kongo, Zimbabwe, Spanje, Ysland, Ciprus, Doebai, Swede en Noorweë is nodig. Marondedze verwag dat daar nog inhegtenisnemings in Angola en Ysland sal wees.

“Hierdie misdaad is op 'n gesofistikeerde wyse uitgevoer en verskillende kommunikasieplatforms is gebruik; dit vereis diplomasie. Die staat werk deurgaans om die ondersoeke af te handel, maar 'n langer tydperk is nodig,” het Marondedze gesê.

Hy sê ook die Teenkorrupsiekommissie van Namibië se ondersoeke vereis bykomende reise, maar weens die uitbreking van Covid-19 het sommige lande hul grense gesluit, en die ondersoeke staan tans stil. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!