Fishrot: Iyambo kry nege maande
Fishrot: Iyambo kry nege maande

Fishrot: Iyambo kry nege maande

In sy uitspraak het landdros Ivan Gawanab gesê die vonnis was die grootste twispunt in die saak.
Ellanie Smit
Ellanie Smit – Jason Iyambo, wat in Januarie in hegtenis geneem is nadat hy probeer het om 'n ondersoeker van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) om te koop, is tot nege maande tronkstraf gevonnis.

Die 35-jarige Iyambo het gister in die Windhoekse landdroshof voor landdros Ivan Gawanab verskyn wat hom effektief tot 18 maande tronkstraf gevonnis het met nege maande opgeskort vir 'n tydperk van vyf jaar.

Dit is op voorwaarde dat hy nie aan regsverydeling of poging tot regsverydeling skuldig bevind word nie.

Iyambo het vroeër die week skuldig gepleit op 'n klag van poging tot regsverydeling en erken hy het omkoopgeld van N$250 000 aan 'n beampte van die ACC gebied vir bankkaarte wat aan die Fishrot-beskuldigdes James Hatuikulipi en Pius Mwatelulo behoort.

Die staatsadvokaat Timo Itula het gevra dat Iyambo tot tronkstraf van drie jaar gevonnis word, terwyl die verdediging Kalundu Kamwi eerder vir 'n boete gevra het.

In sy uitspraak het Gawanab gesê die vonnis was die grootste twispunt in die saak en hy het in sy besluit oorweging geskenk aan die feit dat Iyambo 'n eerste oortreder is, skuld erken en berou teenoor die hof uitgespreek het.

Gawanab het egter beklemtoon die neiging vir dié tipe oortreding is tronkstraf en dit is iets wat Iyambo daarom nie kan vryspring nie.

Volgens hofdokumente het Iyambo erken hy het mnr. Junias Iipinge probeer omkoop in ruil vir Hatuikulipi en Mwatelulo se bankkaarte. Laasgenoemde is sedert verlede November agter tralies.

Iyambo het na bewering vir Sakaria Kuutondokwa Kokule, 'n polisiereservis, gewerk wat ook in hegtenis geneem is.

Kokule en Hatuikulipi is Iyambo se medebeskuldigdes in die saak en albei mans het op 10 November on­skuldig gepleit.

Die beskuldigdes in die Fishrot-korrupsieskandaal keer op 16 Desem­ber na die Windhoekse landdroshof terug vir terugvoering van die aanklaer-generaal oor hul saak.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!