Fishrot-6 na hoogste hof

Regter se beslissing ‘foutief’

13 January 2020 | Howe
Jemima Beukes - In die jongste verwikkeling in die Fishrot-sage het die ses beskuldigdes die hooggeregshof vir die nietigverklaring van 27 Desember se hoërhofbeslissing genader.

Dít nadat dié hof beslis het die aansoek om hul saak van die rol te skrap, is nie dringend nie.

Die beskuldigdes het gesê hulle sal aansoek om ’n verhoordatum doen teen die agtergrond van die voortdurende skending van hul regte, hul persoonlike omstandighede wat agteruitgaan, en hul gesins- en finansiële omstandighede wat deur hul “onwettige aanhouding” negatief geraak word.

Die ses, mnre. Bernhard Esau, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Ricardo Gustavo, Tamson “Fitty” Hatuikulipi en Pius Mwatelulo, word tans by die Windhoek Sentrale Gevangenis aangehou.

In die appèlaansoek wat hulle op 3 Januarie by die hooggeregshof ingedien het, dring die beskuldigdes daarop aan dat die hoërhof se beslissing bots met die bestaande presedent in Namibië dat die inherente dringendheid erken word van alle sake wat lewe, liggaam en vryheid betrek.

Hulle word deur Appolos Shimakeleni-prokureurs en Murorua Kurtz Kasper Inc. verteenwoordig.

Die ses dring ook daarop aan dat hoërhofregter Kobus Miller se beslissing foutief was omdat hy nie in ag geneem het dat die ontneming van persoonlike vryheid volgens die gemenereg inherent dringend is nie.

Volgens hul verdediging het die hof ’n plig om alle sake dringend aan te hoor wat die ontneming van vryheid behels.

Dít is volgens hulle van toepassing ongeag of die saak oor borgtog of ’n siviele aansoek vir die tersydestelling van ongeldige lasbriewe gaan.

Hulle voel ook ondanks die vertraging in die voorbereiding van dokumente het die Teenkorrupsiekommissie (ACC), die Windhoek-landdroshof en die staat genoeg tyd gehad om beantwoordende dokumente voor te berei, en dat hulle meer tyd sou gee indien dit versoek was.

“Tans word die appellante onskuldig geag aan enige misdaad waarvan beskuldig word. Wat duidelik is, is dat die appellante werklike, betekenisvolle en voortdurende skade ly. Hulle word aangehou. Hulle het bevestig hul aanhouding is ’n oortreding van Namibië se Grondwet. Hulle kan bewys die lasbriewe vir hul inghegtenisneming is ongeldig, wat ’n impak het op die regsgronde vir hul volgehoue aanhouding. Tog kan die staat nie toon hoe hy te na gekom sal word indien die appellante vrygelaat word nie,” lui die dokumente.

Die Fishrot-ses se verdediging dring daarop aan die ACC en die polisie kon geen regverdiging vir hul inhegtenisneming bied nie en dus ook nie vir hulle om aangekla te word en in die hof te verskyn nie.

“’n Inhegtenisneming is eenvoudig ’n manier om die appellante voor die hof te kry. Dit is egter nie die eerste of hoofmanier om ’n verdagte by ’n hof te kry nie. Om die waarheid te sê, Namibiese owerhede is duidelik daaroor dat inhegtenisneming ’n laaste uitweg is waar ’n verdagte ’n vlugrisiko is.

“Daar is geen bewys dat die appellante vlugrisiko’s is nie. In dié omstandighede moes dit duideliik wees die inhegtenisnemings is ongehoord, onnodig en ongeregverdig as maniere om die appellante voor die hof te bring,” sê die dokumente.

[email protected]

Soortgelyk

 

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 uur gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

13 ure gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

13 ure gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

13 ure gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

13 ure gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

13 ure gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...

Vier 'renosterstropers' verskyn in camera

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg – Vier van die agt verdagtes wat vandeesweek in verband met renosterstropery en -horingsmokkelary vasgetrek is, het gister in camera in die streekshof...

San gebruik spaargeld vir wateraanleg

13 ure gelede | Omgewing

Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging. Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied...